YouVersion Logo
Search Icon

HEBREËRS 3

3
Jesus is Moses se meerdere
1En nou, broers en susters#3:1 Grondteks broers. – julle wat aan God behoort en vir die hemel bestem is – fokus nou skerp op hierdie Jesus van wie ons bely dat Hy Apostel en Hoofpriester is. 2Hy was getrou aan God wat Hom aangestel het, net soos Moses getrou gedien het in God se hele huishouding. 3Maar Jesus verdien baie groter erkenning as Moses, net soos die persoon wat ’n huis bou baie meer lof kry as die huis self. 4Want elke huis het ’n bouer, maar God is die bouer van alles.
5Moses was getrou in die hele huis van God, maar dan net as dienaar. Sy werk moes getuig van die waarhede wat God later sou uitspreek. 6Maar Christus, as sy getroue Seun, was in bevel van die hele huis van God. Ons is daardie huis van God as ons met moed en vertroue bly vashou aan ons toekomsverwagting#3:6 Of hoop..
Ernstige waarskuwing teen ’n houding van ongeloof
7Julle moet dus luister wanneer die Heilige Gees die volgende sê:
“Vandag wanneer julle
sy stem hoor,
8moet julle nie julle harte verhard
soos Israel gedoen het
toe hulle gerebelleer het nie,
toe hulle God se geduld
in die woestyn getoets het.
9-10Dáár het julle voorvaders
my geduld beproef
ten spyte daarvan
dat hulle vir 40 jaar
my magtige dade aanskou het.
Daarom het Ek vir daardie geslag
kwaad geword
en gesê: ‘Hulle harte dwaal altyd
van My af weg.
Hulle wou nie doen
wat Ek van hulle verwag nie.’#3:10 Grondteks Hulle het nie my weë erken nie.
11Daarom het Ek in my toorn
onder eed verklaar:
‘Hulle sal nooit my land van rus
binnegaan nie.’”#3:7-11 Ps 95:7-11.
12Wees dan versigtig, broers en susters#3:12 Grondteks broers.. Maak seker dat daar nie by enigeen van julle ’n verkeerde gesindheid van ongeloof posvat wat julle vervreem van die lewende God nie.
13Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. 14Want as ons enduit stewig bly vashou aan die vertroue op God waarmee ons oorspronklik begin het, het ons deelgenote geword van alles wat aan Christus behoort. 15Daarom moet julle nooit die vermaning vergeet nie:
“Vandag wanneer julle sy stem
hoor,
moet julle nie julle harte verhard
soos Israel gedoen het
toe hulle gerebelleer het nie.”#3:15 Ps 95:7-8.
16Wie was daardie mense wat gerebelleer het alhoewel hulle God se stem gehoor het? Was hulle nie die mense vir wie Moses uit Egipte gelei het nie? 17En vir wie was God 40 jaar lank kwaad? Was dit nie die mense wat gesondig het en wat in die woestyn omgekom het nie? 18Oor wie het God met ’n eed verklaar dat hulle nie sy land van rus sal binnegaan nie? Was dit nie juis hulle wat aan Hom ongehoorsaam was nie?
19Ons sien dus dat dit juis as gevolg van hulle ongeloof was dat hulle nie in die land van rus kon ingaan nie.

Currently Selected:

HEBREËRS 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy