YouVersion Logo
Search Icon

HEBREËRS 2

2
Waarskuwing teen wegdryf
1Ons moet dus baie styf vashou aan die boodskap wat ons gehoor het sodat ons tog nie dalk wegdryf nie. 2Die woord wat God deur engele aan ons gegee het, het nog altyd onwrikbaar vasgestaan. Daarby is mense tereg gestraf vir elke oortreding van God se wet en elke daad van ongehoorsaamheid.
3Hoe sal ons ontvlug as ons ons rug op so ’n groot saligheid draai – ’n boodskap wat ons Here Jesus#2:3 Grondteks net Here. eerste begin verkondig het en wat daarna deur dié wat Hom gehoor het, aan ons bekragtig is, 4terwyl God dit nog verder bevestig deur tekens en wonderwerke, deur allerlei kragtige dade en deur gawes van die Heilige Gees toe te bedeel soos Hy dit goedvind.
Jesus het ons leidsman en broer geword om by ons te staan
5God het ook nie aan engele die beheer van die toekomstige wêreld waarvan ons praat, toevertrou nie.
6Inteendeel, iemand het êrens soos volg getuig:
“Wat is die mens
dat U aan hom sou dink,
’n mensekind#2:6 Grondteks ’n seun van die mens.
dat U aan hom sou aandag gee?
7Vir ’n klein rukkie
het U hom minder gemaak
as die engele;
U het hom met heerlikheid
en eer gekroon.
8U het alles onder
sy beheer geplaas.”#2:6-8 Ps 8:5-7.
Wanneer die Skrif sê “alles” is onder die mens se beheer geplaas, beteken dit werklik álles. Tog sien ons nou nog glad nie dat alles reeds onder die mens se beheer is nie. 9Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade#2:9 Of onverdiende goedheid. vir elke mens gesterf. 10God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oopmaak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak.
11Nou is dit so dat sowel Jesus – dié Een wat heilig maak – as almal wat deur Hom geheilig word, dieselfde Vader het. Dit is waarom Jesus nie huiwer om hulle sy broers en susters#2:11, 12a, 17 Grondteks broers. te noem nie. 12Want Hy sê vir God:
“Ek sal u Naam bekendmaak
aan my broers en susters#2:11, 12a, 17 Grondteks broers..
Ek sal in u gemeente u lof
besing.”#2:12b Ps 22:23.
13Hy sê ook:
“Ek sal vas op Hom vertrou.”
En verder:
“Hier is Ek saam met die kinders
wat God My gegee het.”#2:13 Jes 8:17-18.
14Omdat hierdie “kinders” mense van vlees en bloed is, het Jesus ook ten volle mens net soos hulle geword. Want Hy kon net sterf as Hy ten volle mens was en Hy kon net deur self te sterf hom die nekslag toedien wat mag oor die dood gehad het – die duiwel. 15Net op hierdie manier kon Hy dié vrymaak wat hulle lewe lank uit vrees vir die dood in slawerny vasgevang gesit het. 16Ons weet almal dat Jesus gekom het om die nakomelinge van Abraham te help – nie die engele nie. 17Daarom moes Hy ten volle soos ons – sy broers en susters#2:11, 12a, 17 Grondteks broers. – word om as ons ontfermende en betroubare Hoofpriester voor God priesterdiens te verrig en die sondes van God se volk te versoen.
18Omdat Hy self versoekings verduur het, kan Hy dié help wat onder versoeking swaarkry.

Currently Selected:

HEBREËRS 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy