YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 13

13
Abram en Lot se paaie gaan uitmekaar
1Abram het toe met sy vrou, al hulle besittings en Lot, Egipte verlaat en noordwaarts na die Negev getrek. 2Abram was baie ryk aan lewende hawe, silwer en goud. 3Hulle het van plek tot plek deur die Negev getrek op pad na Bet-El toe, na die plek tussen Bet-El en Ai, waar hy voorheen kamp opgeslaan het. 4Dis die plek waar Abram destyds die altaar gebou het. Hier het hy weer die Here aanbid.
5Lot, wat saam met Abram was, het ook baie kleinvee, grootvee en tente besit. 6Maar Abram en Lot kon nie meer bymekaar woon nie, want die weiveld was te klein vir hulle groot troppe vee. Hulle kon dus nie meer saam boer nie. 7Boonop het die Kanaäniete en die Feresiete ook destyds nog in die land gewoon. Toe ontstaan daar ’n rusie tussen Abram en Lot se veewagters.
8Abram het die saak met Lot bespreek. “Hierdie getwis tussen ons veewagters moet einde kry,” het hy gesê. “Ons is tog naby familie! 9Kies jy enige deel van die land, dan gaan ons uitmekaar. As jy anderkant toe wil gaan, sal ek hier bly. As jy verkies om hier te bly, sal ek elders heen trek.”
10Lot het rondgekyk na die vrugbare vlaktes van die Jordaanvallei in die rigting van Soar. Die hele gebied was waterryk, soos die tuin van die Here of die vrugbare Egipte. Dit was nog voor die Here Sodom en Gomorra vernietig het. 11Toe kies Lot die Jordaanvallei en trek ooswaarts. So is die twee mans van mekaar af weg. 12Terwyl Abram in die land Kanaän gebly het, het Lot sy tente tussen die stede in die vallei opgeslaan naby Sodom. 13Die inwoners van hierdie gebied was sleg en het baie teen die Here gesondig.
14Nadat Lot vertrek het, sê die Here vir Abram: “Kyk ’n bietjie rond in alle rigtings, so ver as wat jy kan sien. 15Die hele land wat jy sien, gaan Ek vir jou en jou nageslag as permanente eiendom gee. 16Ek gaan vir jou soveel afstammelinge gee dat hulle, net soos die stof op die aarde, nie getel kan word nie. 17Kom, trek nou kruis en dwars deur die land, want Ek gee dit vir jou.” 18Daarna het Abram sy kamp verskuif na die groot bome van Mamre, naby Hebron. Daar het hy ’n altaar vir die Here gebou.

Currently Selected:

GENESIS 13: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy