YouVersion Logo
Search Icon

GALASIËRS 5

5
Christus maak julle vry van die slawejuk van wetsonderhouding
1Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie. 2Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus niks vir julle beteken nie. 3Ek sê dit weer: Elkeen wat besny word, is verplig om die hele wet na te kom. 4Julle wat deur God vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, het julle van Christus losgemaak. Julle het God se genade verbeur.
5Wat ons betref, die Gees laat ons uitsien na dit waarop ons hoop: vryspraak deurdat ons glo. 6Vir mense wat met Christus verenig is#5:6 Grondteks in Christus is., is dit nie belangrik of jy besny is of nie besny is nie. Wat egter wel belangrik is, is geloof wat deur liefde dade word.
7Julle het so goed gevorder. Wie het julle gekeer om die waarheid te bly gehoorsaam? 8Die idee kom nie van Hom wat julle geroep het nie! 9Onthou: ’n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. 10Ek het vertroue in die Here wat julle betref#5:10 Grondteks Ek vertrou oor julle in die Here. dat julle nie anders as ek sal dink nie. Maar die persoon wat julle verwar het, sal gestraf word, wie dit ook al is.
11Wat my betref, broers en susters#5:11a, 13 Grondteks Broers., as dit waar is dat ek steeds verkondig dat besnydenis noodsaaklik is, waarom word ek dan vervolg? Dan is daar mos nie meer ’n kruisboodskap#5:11b Grondteks die kruis. wat kan aanstoot gee nie. 12Ek wens werklik dat dié wat julle opstandig maak oor die besnydenis#5:12a Of dié wat julle deurmekaarmaak., sommer hulleself kastreer#5:12b Of alles heeltemal afsny.!
Ware vryheid beteken om mekaar in liefde te dien
13Broers en susters#5:11a, 13 Grondteks Broers., julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. 14Die hele wet is saamgevat in een opdrag: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”#5:14 Lev 19:18. 15Maar julle byt en verskeur mekaar. Pas op dat julle mekaar nie heeltemal verslind nie!
Julle leefstyl moet deur die Gees bepaal word
16Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie. 17’n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is, want hulle is mekaar se vyande. Julle kan dus nie sommer maar net alles doen wat julle wil nie. 18Maar as julle deur die Gees gelei word, is die wet nie meer julle baas nie.
19Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, 20afgodery, towerkuns#5:20 Of okkulte., vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, 21afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oor hierdie dinge: Wie sulke dinge doen, sal nie as erfgenaam deel hê aan God se koningsheerskappy nie.
22Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.
24Maar dié wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die begeertes van hulle sondige geaardheid gekruisig. 25Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal. 26Ons moenie te veel van onsself dink, mekaar irriteer of op mekaar jaloers wees nie.

Currently Selected:

GALASIËRS 5: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy