YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 35

35
’n Boodskap vir Edom
1Die Here het vir my gesê: 2“Mensekind, kyk in die rigting van die Seïrberg en profeteer oor sy mense. 3Sê vir hulle die oppermagtige Here sê:
“Ek is jou vyand, Seïrberg,
en Ek lig my vuis op
om jou verlate te maak.
4“Ek maak jou stede puinhope wat verlate lê, en jy sal besef dat Ek die Here is. 5Jy haat Israel nog altyd en jy het die mense van Israel uitgelewer toe die ramp oor hulle gekom het en hulle vir hulle sondes gestraf is. 6So seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, ’n bloedbad wag op jou wat nie bang is om ander se bloed te vergiet nie. Dis nou jou beurt!
7“Ek maak die Seïrberg verlate. Ek maak almal dood wat probeer ontsnap en almal wat wil terugkom. 8Jou berge sal vol dooies lê. Jou heuwels, valleie en strome sal vol lyke lê van mense wat gesneuwel het. 9Ek maak jou vir altyd verlate. Jou stede sal nie herbou word nie. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.
10“Jy het gesê: ‘Israel en Juda se grond sal myne word. Ek vat dit vir my. Wat gee ek om dat die Here daar is?’ 11Daarom, so seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, sal Ek jou met dieselfde woede en naywer behandel waarmee jy Israel behandel het. Jy sal My leer ken wanneer Ek jou oordeel. 12Dan sal jy besef dat Ek, die Here, elke smalende woord gehoor het wat jy teen die berge van Israel gesê het. Jy het gesê: ‘Hulle is vernietig. Laat ons hulle verder verwoes!’ 13Julle monde was groot teen My, julle het gepraat sonder om te dink. En Ek het dit gehoor!
14“So sê die oppermagtige Here: Die hele wêreld sal bly wees wanneer Ek jou verlate maak. 15Jy was mos bly toe Israel se erfdeel verlate gemaak is. Nou gaan Ek jou net so behandel! Jy sal verlate word, Seïrberg en almal wat in Edom leef. Dan sal jy besef dat Ek die Here is!”

Currently Selected:

ESEGIËL 35: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy