YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 20

20
Israel se opstand
1Op 14 Augustus#20:1a Grondteks In die vyfde maand, op die tiende dag, van die Hebreeuse kalender. Die gebeure verwys na 14 Augustus 591 vC., in die sewende jaar van koning Jojagin se ballingskap#20:1b Grondteks In die sewende jaar. Op grond van Esegiël se verblyf onder die ballinge word afgelei dat dit na die Judese koning se ballingskap verwys., het sommige leiers van Israel by die Here kom raad vra. Hulle het voor my gesit en op sy antwoord gewag. 2Toe het die Here hierdie boodskap vir my gegee: 3“Mensekind, sê vir die leiers van Israel die oppermagtige Here sê: Hoe durf julle My kom vra vir raad? So seker as wat Ek leef, Ek sal vir julle geen raad gee nie. Dit sê die oppermagtige Here.
4“Mensekind, oordeel jý oor hulle; jý moet hulle veroordeel! Vertel vir hulle hoe afskuwelik die optrede van hulle voorouers regtig was. 5Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: Toe Ek Israel uitverkies het en Myself aan haar in Egipte openbaar het, het Ek, die Here, vir Israel#20:5 Grondteks die huis van Jakob. gesweer: ‘Ek, die Here, is jou God.’ 6Ek het belowe dat Ek haar en haar nageslag uit Egipte sou bring na ’n land wat Ek vir hulle uitgesoek het. Dit is ’n land van oorvloed waar melk en heuning volop is, die beste van alle lande. 7Toe het Ek vir hulle gesê: ‘Elkeen van julle moet julle afgode nou weggooi. Moenie julle besoedel met Egiptiese afgode nie, want Ek, die Here, is julle God.’
8“Maar hulle was opstandig teen My en wou nie luister nie. Hulle het nie hulle afgode weggegooi en nie die Egiptiese gode gelos nie. Toe het Ek gedreig dat Ek my wraak oor hulle sou uitgiet om my woede op hulle af te koel terwyl hulle nog in Egipte is. 9Maar, om my eer te beskerm het Ek dit nie gedoen nie. Anders sou die nasies in die omgewing Israel se God spot en vir Israel lag. Hy het immers belowe om sy volk te red.
10“Daarom het Ek my volk uit Egipte gebring en in die woestyn ingelei. 11Daar het Ek vir hulle my voorskrifte gegee en my bepalings bekendgemaak sodat elkeen wat daaraan gehoorsaam is, kon bly lewe. 12En Ek het vir hulle my Sabbatte gegee as dae van rus, as ’n teken van die verhouding tussen My en hulle. So wou Ek hulle daaraan herinner dat Ek, die Here, hulle afgesonder het om heilig en spesiaal te wees.
13“Maar die mense van Israel#20:13 Grondteks die huis van Israel. was in die woestyn opstandig teen My. Hulle het daar al geweier om my voorskrifte te gehoorsaam. Hulle het hulle nie aan my wil gesteur nie, al sou gehoorsaamheid aan hulle die lewe gegee het. Daarom het hulle my Sabbatdae geminag. Ek het gedreig om my wraak oor hulle uit te giet. Ek was van plan om hulle in die woestyn heeltemal te vernietig. 14Maar ter wille van my Naam het Ek dit nie gedoen nie. Anders sou die nasies wat gesien het hoe Ek my volk uit Egipte uitgelei het, kon sê dat Ek hulle vernietig het omdat Ek kwansuis nie vir hulle kon sorg nie. 15Maar Ek het in die woestyn vir hulle gesweer dat Ek hulle nie in die land sou bring wat Ek vir hulle bestem het nie – die land van melk en heuning, die mooiste plek op aarde. 16Want hulle het my bepalings verwerp, my wil vir hulle geïgnoreer en my Sabbatte geminag. Hulle harte het aan afgode behoort. 17Tog het Ek hulle jammer gekry en hulle nie in die woestyn vernietig nie.
18“Daar in die woestyn het Ek ook hulle kinders gewaarsku om nie in hulle ouers se voetspore te volg en hulle nie met die afgode te besoedel nie. 19‘Ek, die Here, is julle God,’ het Ek vir hulle gesê. ‘Wees gehoorsaam aan my voorskrifte, doen my wil 20en beskou my Sabbatdae as heilig, want dit is ’n teken van die verhouding tussen My en julle. Dan sal julle weet dat Ek, die Here, julle God is.’
21“Maar ook hulle kinders was teen My opstandig. Hulle het geweier om gehoorsaam te wees aan my voorskrifte. Hulle het nie my bepalings nagekom en my wil gedoen nie, al sou gehoorsaamheid daaraan beteken dat hulle lewe. Hulle het my Sabbatdae geminag. Daarom het Ek gedreig om daar in die woestyn my wraak oor hulle uit te giet en my woede oor hulle af te koel.
22“Tog het Ek dit nie gedoen nie om my eer te beskerm tussen die nasies wat die mag gesien het waarmee Ek hulle uit Egipte gebring het. 23Maar Ek het daar in die woestyn gesweer dat Ek hulle onder die nasies en oor al die lande sou verstrooi, 24want hulle was nie gehoorsaam aan my bepalings nie. Hulle het my voorskrifte verag. Hulle het my Sabbatdae geminag en na hulle voorouers se afgode verlang.
25“Toe het Ek hulle oorgegee aan waardelose voorskrifte en bepalings wat nie vir hulle lewe kon bring nie. 26Ek het toegelaat dat hulle hulle besoedel met die geskenke wat Ek vir hulle gegee het. Ek het toegelaat dat hulle hulle eersgebore kinders aan hulle gode offer. So wou Ek hulle verwoes, om vir hulle te wys wie Ek, die Here, is.”
Oordeel en herstel
27“Mensekind, daarom moet jy vir die mense van Israel sê: Die oppermagtige Here sê: Julle voorouers het aangehou om My te laster deur ontrou aan My te wees. 28Want toe Ek hulle in die land bring wat Ek aan hulle belowe het, het hulle offers gebring en wierook gebrand op elke heuwel en onder elke groen boom wat hulle gesien het. Hulle het My kwaad gemaak met hulle offers vir hulle afgode. Hulle het wierook gebrand en drankoffers voor hulle uitgegiet. 29Toe het Ek vir hulle gevra: ‘Wat is hierdie hoogte waarheen julle gaan?’
“Dié plekke word vandag nog Bama – ‘hoogte’ – genoem.
30“Daarom, gaan sê vir die mense van Israel die oppermagtige Here sê: Gaan julle julle besoedel net soos julle voorouers gedoen het? Gaan julle ontrou wees aan My deur voor die afstootlike afgode te buig? 31Want elke keer as julle geskenke vir hulle bring en julle kinders as offers vir hulle verbrand#20:31 Grondteks en julle klein kindertjies deur die vuur laat gaan., besoedel julle julleself, tot vandag toe. En moet Ek dan nou luister en julle help, mense van Israel? So seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, Ek sal nie met julle praat nie, selfs al kom vra julle vir ’n boodskap.
32“Julle sê: ‘Ons wil soos die nasies rondom ons wees wat afgode van hout en klip aanbid.’ Maar wat julle wil, sal nooit gebeur nie.
33“So seker as Ek lewe, sê die oppermagtige Here, Ek sal met ’n ystervuis en met mag oor julle regeer en Ek sal my woede oor julle uitgiet. 34Ek bring julle met ’n ystervuis en met mag tussen die nasies uit en Ek maak julle bymekaar uit die lande waarheen Ek julle verstrooi het.
35“En Ek bring julle na die woestyn van die nasies en daar oordeel Ek oor julle van aangesig tot aangesig. 36Daar sal Ek julle oordeel soos Ek julle voorouers in die woestyn geoordeel het nadat Ek hulle uit Egipte gebring het, sê die oppermagtige Here. 37Ek sal julle sorgvuldig tel en julle verantwoordelik hou vir die eise wat my ooreenkoms aan julle stel. 38Ek sal julle skoonmaak van almal wat opstandig teen My is en sondig. Ek sal hulle uit die lande bring waar hulle in ballingskap woon. Maar hulle sal nooit weer in die land Israel ingaan nie. Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat Ek die Here is.
39“Wat julle aangaan, volk van Israel#20:39a Grondteks huis van Israel., so sê die oppermagtige Here: As julle dan wil, loop agter julle afgode aan en aanbid hulle. Maar dan moet julle nie omdraai en nog verder oneer aan My#20:39b Grondteks my heilige Naam. bring met julle geskenke en afgode nie. 40Want op my heilige berg, die hoë berg van Israel, sê die oppermagtige Here, sal die mense van Israel My eendag aanbid. En Ek sal hulle aanvaar. Daar sal Ek bereid wees om julle bydraes en die keur van julle geskenke en julle offers te aanvaar. 41Die dag as Ek julle huis toe vat uit julle ballingskap, sal julle vir My soos ’n offer met ’n heerlike reuk wees. Ek sal my heiligheid tussen julle vertoon waar al die nasies dit kan sien.
42“Wanneer Ek julle huis toe gebring het, na die land Israel wat Ek aan julle voorouers belowe het, sal julle weet dat Ek die Here is. 43Julle sal terugkyk na al julle sondes. En julle sal julleself verafsku oor al die boosheid wat julle aangevang het. 44Julle sal weet, mense van Israel, dat Ek die Here is wanneer Ek julle behandel soos die eer van my Naam vereis en nie volgens julle bose weë en afskuwelike dade nie, sê die oppermagtige Here.”
Oordeel teen die Negevwoestyn
45Die Here het ook nog vir my gesê: 46“Mensekind, kyk na die suide#20:46 Grondteks Teman. en praat daarteen. Profeteer teen die woude van die Negevwoestyn.
47“Sê vir die suidelike woestyn die oppermagtige Here sê: Hoor die woord van die Here! Woud, Ek steek jou aan die brand. Elke groen en droë boom in jou sal afbrand. Die verskriklike vlamme sal nie geblus word nie. Hulle sal alles afbrand van die suide tot die noorde.
48“Die hele wêreld sal sien dat Ek, die Here, die vuur aangesteek het. Dit sal nie geblus word nie.”
49Toe sê ek: “Oppermagtige Here, hulle sê van my: ‘Hy praat heeldag in raaisels!’”

Currently Selected:

ESEGIËL 20: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy