YouVersion Logo
Search Icon

EKSODUS 36

36
1“Besaleël, Oholiab en al die ander persone vir wie die Here die kennis, verstand en vaardigheid gegee het om die werk by die tabernakel#36:1, 8, 13, 19, 20, 27, 35 Of tent van ontmoeting. te doen, moet alles maak soos die Here gesê het.”
2Moses het toe Besaleël en Oholiab laat kom saam met al die ander vir wie God toegerus het en wat gewillig was om die werk te doen. 3Hulle het by Moses alles gekry wat die Israeliete gegee het om die heiligdom te bou. Die volk het elke oggend nog meer vrywillige offers gebring. 4Die mense wat aan die heiligdom gewerk het, het naderhand hulle werk gestaak en met Moses kom praat. 5“Die volk bring nou meer as wat ons nodig het om die werk te doen wat die Here vir ons gegee het,” het hulle gesê. 6Moses het toe oral in die kamp laat afkondig: “Moenie meer offergawes bring nie. Julle het nou genoeg gegee.” Die volk het toe opgehou om te bring. 7Daar was nou oorgenoeg materiaal om die tent te maak. Daar sou selfs nog oorbly.
Bou van die tabernakel
8Almal wat kon help, het met die werk aan die tabernakel#36:1, 8, 13, 19, 20, 27, 35 Of tent van ontmoeting. begin. Hulle het eers die onderste laag uit tien stukke materiaal gemaak. Hulle het blou, pers en bloedrooi draad ingeweef en gerubs daarop uitgeborduur. 9Elkeen van die stukke materiaal was dieselfde grootte. Elkeen was veertien meter lank en twee meter breed. 10Hulle het vyf stukke op mekaar gepas en aanmekaargewerk om een stel te vorm. Met die ander vyf het hulle ’n soortgelyke tweede stel gemaak. 11Hulle het 50 lissies al om die rand aan die buitenste stuk materiaal van elke stel gewerk. 12Die lissies van die twee stelle het presies op mekaar gepas. 13Hulle het toe 50 goue hakies gemaak en deur die lissies gehaak sodat die twee stelle een dubbele vel gevorm het. Dit het saam die onderste laag oor die tabernakel#36:1, 8, 13, 19, 20, 27, 35 Of tent van ontmoeting. gevorm.
14’n Tweede laag van elf stukke bokhaarmateriaal is gemaak om bo-oor die tent te gaan. 15Elkeen van die stukke materiaal was presies dieselfde grootte. Elkeen was vyftien meter lank en twee meter breed. 16Hulle het vyf stukke gebruik om een stel te maak. Vir die tweede stel het hulle die ander ses stukke gebruik.
17Hulle het ook vir hierdie stelle 50 lissies rondom aan die buitenste stuk materiaal van elke stel gewerk. 18Hulle het hakies van koper gemaak om deur die lissies te haak sodat die twee stelle aanmekaargesit kon word om een dubbele vel te vorm. 19Hulle het ook ’n derde en vierde laag gemaak om bo-oor die tabernakel#36:1, 8, 13, 19, 20, 27, 35 Of tent van ontmoeting. te span. Die een was van gelooide ramsvel en die ander van gebreide bokvel.
Die houtpanele en dwarslatte
20Hulle het regop houtpanele uit akasiahout gemaak as raamwerk vir die tabernakel#36:1, 8, 13, 19, 20, 27, 35 Of tent van ontmoeting.. 21Elke paneel was vyf meter hoog en 75 sentimeter breed. 22Daar was twee penne aan elke paneel sodat dit aan die volgende paneel verbind kon word. Al die panele was identies. 23Hulle het twintig panele gemaak vir die suidelike muur. 2440 voetstukke van silwer is ook gemaak, twee onder elke paneel. 25Ook vir die noordelike muur het hulle twintig rame gemaak. 26Hier was ook 40 voetstukke uit silwer, twee onder elke raam. 27Vir die koppenent aan die westekant van die tabernakel#36:1, 8, 13, 19, 20, 27, 35 Of tent van ontmoeting. het hulle ses panele gemaak. 28Hulle het ook versterkte panele vir die hoeke gemaak. 29Hierdie hoekpanele kon bo en onder met ringe vasgeklamp word om ’n eenheid met die ander mure te vorm. Daar was twee van hierdie panele, een vir elke hoek. 30Vir die muur aan die koppenent was daar dus agt panele met twee voetstukke van silwer vir elkeen.
31Hulle het toe vyf dwarslatte van akasiahout gemaak wat die panele aan die suidekant aan mekaar moes sluit. 32Ook vir die noordelike en die westelike muur het hulle vir elkeen vyf dwarslatte gemaak. 33’n Dwarslat het in die middel van die panele van kant tot kant al teen die muur geloop. 34Al die dwarslatte is met goud oorgetrek. Ook die ringe waardeur die dwarsbalke moes kom, is met goud oorgetrek.
35Die afskorting vir binne-in die tabernakel#36:1, 8, 13, 19, 20, 27, 35 Of tent van ontmoeting. is van geweefde linne gemaak. Hulle het daarin blou, pers en bloedrooi draad kunstig ingeweef en gerubs daarop uitgeborduur. 36Hulle het vier pale uit akasiahout met goue hake gemaak. Die afskorting is daaraan opgehang. Die pale is met goud oorgetrek en op vier silwer voetstukke neergesit.
37’n Tweede afskorting is vir die ingang van die tent gemaak. Dit is gemaak van geweefde materiaal met blou, pers en bloedrooi wol. 38Hierdie afskorting is met goue hakies aan vyf regop pale gehang. Die pale is met goud oorgetrek. Elkeen se voetstuk was van koper gemaak.

Currently Selected:

EKSODUS 36: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy