YouVersion Logo
Search Icon

EKSODUS 31

31
Besaleël en Oholiab
1Die Here het ook vir Moses gesê: 2“Ek het Besaleël, die seun van Uri en kleinseun van Gur uit die stam van Juda, gekies. 3My Gees gee vir hom die kennis, begrip en vaardigheid om verskillende dinge te kan maak. 4Hy kan kunstige voorwerpe uit goud, silwer en brons maak. 5Hy kan edelstene graveer en monteer en houtsnywerk doen. Hy kan enige kunswerk maak.
6“Ek het ook Oholiab, die seun van Agisamak uit die stam van Dan, gekies om saam met hom te werk. Ek het aan verskillende manne wat oor die kennis beskik die vaardigheid gegee om al die dinge te maak wat Ek vir jou gesê het. 7Hulle sal die tabernakel#31:7a Of tent van ontmoeting. bou, die ark van die verbond#31:7b Of ark van die getuienis., die ark se deksel en al die gereedskap wat in die tent gebruik word. 8Hulle sal ook die tafel maak met sy toebehore en die kandelaar met al sy toebehore en die wierookaltaar. 9Hulle sal ook die altaar vir die brandoffer met sy toebehore maak en die waskom met sy voetstuk.
10“Ook die spesiaal geborduurde klere wat Aäron en sy seuns dra wanneer hulle die priesterwerk doen, sal hulle maak. 11Hulle sal ook die salfolie en die spesiale wierook maak, alles presies soos Ek vir jou gesê het.”
Voorskrifte vir die Sabbat
12Die Here het verder ook vir Moses gesê: 13“Jy moet vir die Israeliete sê om my Sabbatte te onderhou. Die Sabbat is ’n teken van die ewige verbond tussen My en julle. Dit herinner julle daaraan dat Ek die Here is wat julle vir My afgesonder het. 14Hou die Sabbatdag gereeld, want dit is ’n heilige dag. Die een wat dit verontagsaam, moet beslis doodgemaak word. Iemand wat op daardie dag met sy werk aangaan, sal uit die gemeenskap verwyder word.
15“Gaan ses dae lank aan met jou gewone werk. Op die sewende dag moet jy daarmee ophou en tot rus kom. Dit is die Here se heilige rusdag. Enigeen wat op die Sabbatdag met sy werk aangaan, moet doodgemaak word.
16“Die Israeliete moet die dag van die Sabbat onderhou. 17Dit is tussen My en die Israeliete ’n teken wat vir altyd sal bly staan. Die Here het in ses dae die hemel en die aarde gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom.”
18Toe die Here klaar gepraat het met Moses op Sinai, het Hy vir hom twee plat klippe gegee waarop God met sy eie vinger die bepalings van sy verbond geskryf het.

Currently Selected:

EKSODUS 31: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy