YouVersion Logo
Search Icon

HANDELINGE 13

13
Die eerste sendingreis: Barnabas en Saulus uitgestuur
1In die gemeente in Antiogië was daar profete en leraars: Barnabas, Simeon met die noemnaam Niger, Lucius van Sirene, Manaen, wat saam met koning Herodes Antipas#13:1 Grondteks die viervors Herodes. Herodes Antipas het oor slegs ’n kwart van sy pa, Herodes die Grote, se ryk regeer, en het daarom amptelik die titel “viervors” (kwartkoning) gedra. grootgeword het, en Saulus. 2’n Keer toe hulle bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.”
3Ná nog vas en gebed is hulle die hande opgelê en het die gemeente hulle weggestuur.
Barnabas en Saulus bring die Goeie Nuus na die eiland Siprus
4Deur die Heilige Gees uitgestuur, het Barnabas en Saulus na Seleukië toe afgegaan en daarvandaan na die eiland Siprus#13:4 Grondteks na Siprus. toe oorgevaar. 5In Salamis aangekom, het hulle die woord van God in die Joodse sinagoges verkondig. Hulle het Johannes as helper gehad.
6Daarna het hulle die hele eiland deurgegaan tot by Pafos, waar hulle ’n Joodse towenaar teëgekom het, ’n vals profeet met die naam Barjesus. 7Hy was saam met die goewerneur, Sergius Paulus, wat ’n verstandige man was. Die goewerneur het Barnabas en Saulus genooi om die woord van God van hulle te hoor. 8Die towenaar Elimas (sy naam word só vertaal) het hulle egter teengestaan omdat hy die goewerneur wou weghou van die Christelike geloof.
9Maar Saulus, dit is Paulus, vol van die Heilige Gees, het hom stip aangekyk 10en gesê: “Duiwelskind! Jy loop oor van al wat skelmstreek en bedrogspul is! Vyand van alles wat reg is! Sal jy nooit ophou om die reguit paaie van die Here vol kronkels te maak nie? 11Nou is die strawwende hand van die Here#13:11 Grondteks die hand van die Here. op jou. Jy sal blind word en die son ’n tyd lank nie sien nie.” Onmiddellik het hy net mistigheid en donkerte gesien, en hy het rondgetas en gesoek na iemand om sy gids te wees. 12Toe die goewerneur sien wat gebeur het, het hy gelowig geword, en hy was verstom oor die Christelike leer#13:12 Grondteks die leer van die Here..
Paulus en Barnabas tree in Antiogië in Pisidië op
13Paulus en sy reisgenote het van Pafos af weggevaar en by Perge in Pamfilië vasgemeer. Daar het Johannes hulle verlaat en teruggegaan Jerusalem toe. 14Barnabas en Paulus het egter die reis van Perge af voortgesit en in Antiogië in Pisidië aangekom.
Op die Sabbatdag het hulle die sinagoge binnegegaan en gaan sit. 15Ná die gebruiklike voorlesing uit die wet en die profete het die raadslede van die sinagoge hulle laat weet: “Broers, as julle vir ons#13:15 Grondteks vir die volk. ’n woord van bemoediging het, kom praat!”
16Paulus het opgestaan en met ’n handbeweging aandag gevra en gesê: “Geagte Israeliete#13:16a Grondteks Manne-Israeliete. en julle ander wat vir die ware God ontsag het#13:16b, 26b Die “Godvresendes” of “Godvereerders” was nie-Jode wat in die ware God geglo en die sinagogedienste meegemaak het., luister.
17“Die God van hierdie volk Israel het ons voorgeslag uitgekies en hulle voorspoedig gemaak toe hulle in Egipte as uitlanders gewoon het. Hy het hulle kragtig#13:17 Grondteks met sy arm omhoog. daarvandaan uitgelei. 18Hy het hulle in die woestyn ongeveer 40 jaar lank geduldig verdra#13:18 Sommige manuskripte versorg.. 19Daarna het Hy sewe nasies in Kanaän uitgewis en hulle land as erfporsie aan die Israeliete gegee. 20Dit alles het ongeveer 450 jaar geneem. Daarna het Hy rigters voorsien tot die tyd van die profeet Samuel. 21Toe wou hulle ’n koning hê, en God het Saul, die seun van Kis, ’n man uit die stam Benjamin, vir 40 jaar aan hulle gegee. 22Nadat God hom verwyder het, het Hy Dawid vir hulle as koning voorsien. Van hom het God getuig: ‘Ek het Dawid, seun van Isai, gekry; hy is ’n man na my hart. Hy sal alles doen wat Ek wil hê.’#13:22 1 Sam 13:14.
23“Uit hierdie man se nageslag het God die beloofde Verlosser vir Israel, Jesus, laat voortkom! 24Voor sy koms het Johannes die bekeringsdoop aan die hele volk Israel verkondig. 25En toe Johannes aan die einde van sy bediening gekom het, het hy gesê: ‘Dink julle miskien ek is die Messias? Nee, ek is nie! Die Messias kom ná my. Ek is selfs nie werd om sy sandale los te maak#13:25 Of om sy slaaf te wees. nie.’
26“Geagte volksgenote#13:26a Grondteks Manne-broers., seuns uit die geslag van Abraham, en julle ander wat vir God ontsag het#13:16b, 26b Die “Godvresendes” of “Godvereerders” was nie-Jode wat in die ware God geglo en die sinagogedienste meegemaak het., aan óns het God die boodskap van hierdie verlossing gestuur! 27Die mense in Jerusalem en hulle leiers het die uitsprake van die profete in vervulling laat gaan deur Jesus tot die dood te veroordeel. Hulle het Hom nie herken nie en ook nie besef dat dit Hy is oor wie die profete geskryf het nie, al word dit elke Sabbatdag voorgelees. 28Hulle kon geen grond vir die doodvonnis kry nie, maar nogtans het hulle Pilatus gevra om Hom te laat doodmaak.
29“Nadat hulle alles gedoen het wat oor sy lyding#13:29 Grondteks oor Hom. in die Skrif geskryf staan, het hulle Hom van die kruis afgehaal en in ’n grafkamer neergelê. 30Maar God het Hom uit die dood#13:30 Grondteks tussen die dooies uit. opgewek! 31Jesus het in die loop van baie dae aan die mense verskyn wat saam met Hom van Galilea na Jerusalem gegaan het. Hierdie mense is nou sy getuies by die volk.
32“En nou verkondig ek en Barnabas#13:32 Grondteks nou verkondig óns. hierdie Goeie Nuus aan julle: God het die belofte aan ons voorgeslagte waar laat word. 33Hy het dit vir ons, hulle nageslag, vervul deur Jesus te laat opstaan. So staan dit dan ook in die tweede psalm oor Jesus geskryf:
‘Jy is my Seun;
Ék het jou vandag verwek.’#13:33 Ps 2:7.
34“God het Hom uit die dood#13:34a Grondteks tussen die dooies uit. laat opstaan, en daarom sal Hy nooit tot niet gaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: ‘Ek sal vir julle die beloftes vervul wat Ek betroubaar aan Dawid toegesê het.’#13:34b Jes 55:3.
35“Daarom sê God ook elders: ‘U sal nie toelaat dat die Een wat aan U toegewy is#13:35a Of u Heilige. tot niet gaan nie.’#13:35b Ps 16:10. 36Dit verwys nie na Dawid nie, want hy het tog gesterf nadat hy die mense van sy eie tyd gedien het soos God beskik het. Hy is by sy voorgeslagte begrawe, en sy liggaam hét tot niet gegaan. 37Nee, die verwysing is na Iemand anders: Hóm het God opgewek, sý liggaam het nie tot niet gegaan nie.
38“Daarom, geagte volksgenote#13:38 Grondteks manne-broers., moet julle goed weet wat nou aan julle verkondig word: vergewing van sondes deur Jesus! Julle kon nie deur die wet van Moses God se vryspraak verkry nie, 39maar deur Jesus word elkeen wat glo, deur God vrygespreek.
40Pas dan op dat wat in die profete gesê is, nie op julle van toepassing word nie:
41‘Sien dit tog raak, julle veragters!
Staan verstom en gaan te gronde!
Want in julle tyd doen Ek iets,
iets wat julle beslis nie sal glo nie,
selfs nie as iemand dit
vir julle vertel nie.’#13:41 Hab 1:5.
42Terwyl Paulus en Barnabas die sinagoge verlaat, het die mense hulle gevra om die volgende Sabbatdag meer van dié dinge te vertel.
43Ná die sinagogediens het baie van die Jode en van die nie-Jode wat proseliete#13:43a Proseliete was nie-Jode wat die Joodse geloof ten volle aangeneem het. geword het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié twee het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade#13:43b Of onverdiende goedheid. van God te bly vertrou#13:43c Of deur die genade van God getrou te bly..
Paulus wend hom tot die nie-Jode
44Die volgende Sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om hulle die woord van die Here te hoor preek. 45Toe die Jode die skares sien, het hulle jaloers geword. Hulle het Paulus beledig en alles teengestaan wat hy gesê het.
46Paulus en Barnabas het toe reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, wend ons ons nou tot die nie-Jode.
47“Immers met hierdie woorde het die Here ons ’n opdrag gegee:
‘Ek het Jou gegee as ’n lig
vir die nie-Joodse nasies
sodat Jy verlossing kan bring
tot in die uithoeke van die aarde.’#13:47 Jes 49:6.
48Toe die nie-Jode dit hoor, was hulle baie bly en hulle het die woord van die Here toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. 49Die woord van die Here het deur daardie hele streek versprei.
50Maar die Jode het vooraanstaande vroue wat vir die ware God ontsag gehad het#13:50 Vgl voetnoot by 13:16b., asook toonaangewende burgers van die stad, opgesweep. Hulle het ’n betoging teen Paulus en Barnabas bewerk, en hulle uit die streek weggejaag.
51Hulle het toe, as protes teen die stad, die stof van hulle voete afgeskud en Ikonium toe gegaan. 52Die gelowiges#13:52 Grondteks dissipels. was vol blydskap en vol van die Heilige Gees.

Currently Selected:

HANDELINGE 13: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy