YouVersion Logo
Search Icon

2 SAMUEL 9

9
Dawid doen goed aan Mefiboset
1Op ’n dag het Dawid gevra: “Is daar nog iemand van Saul se afstammelinge oor? Ek wil aan so iemand goeddoen ter wille van Jonatan.” 2Saul se hofhouding het ’n bestuurder gehad met die naam Siba. Hulle het hom na Dawid toe geroep. “Is jy Siba?” vra die koning.
“Ja, my heer, ek is,” antwoord Siba.
3Die koning vra hom toe: “Is daar iemand uit Saul se huis wat nog lewe? Ek wil graag ’n besondere guns aan hom bewys.”
Siba het geantwoord: “Ja, een van Jonatan se seuns lewe nog, maar hy is kreupel.”
4“Waar is hy?” vra die koning.
“In Lo-Dabar,” antwoord Siba, “in die huis van Makir seun van Ammiël.” 5Koning Dawid het Jonatan se seun toe uit Makir se huis laat haal. 6Sy naam was Mefiboset. Hy was Jonatan se seun en Saul se kleinseun. Toe hy by Dawid kom, het hy op sy knieë gegaan en laag gebuig.
“Mefiboset?” het Dawid gevra.
“Ja, dis ek, u dienaar,” het hy geantwoord.
7Dawid sê vir hom: “Moenie bang wees nie! Ek sal na jou omsien ter wille van jou pa, Jonatan. Ek gee al die grond wat voorheen aan jou oupa Saul behoort het aan jou terug. Maar jy sal van nou af hier in my paleis eet.”
8Mefiboset het voor die koning gebuig. “Wie is u dienaar tog dat u so goed is vir ’n dooie hond soos ek?” het hy uitgeroep.
9Toe het die koning vir Siba, Saul se bestuurder, beveel: “Alles wat aan Saul en sy familie behoort het, gee ek nou aan sy kleinseun. 10Jy en jou seuns en jou slawe moet die landerye bewerk om kos te verskaf vir sy gesin. Mefiboset self sal egter hier in my paleis kom eet.”
Siba, wat vyftien seuns en twintig slawe gehad het, 11het geantwoord: “U dienaar sal doen soos u my beveel het.” Van daardie dag af het Mefiboset gereeld aan Dawid se tafel geëet asof hy een van Dawid se eie seuns was. 12Mefiboset het ’n seuntjie met die naam Miga gehad. Van toe af was die hele huishouding van Siba dienaars van Mefiboset. 13Mefiboset self het egter in Jerusalem gebly omdat hy in die paleis geëet het. Al twee sy voete was verlam.

Currently Selected:

2 SAMUEL 9: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy