YouVersion Logo
Search Icon

2 PETRUS 1

1
Die apostel Petrus skryf aan Christene wie se geloofslewe bedreig word
1Hierdie brief kom van Simon#1:1 Grondteks Simeon. Petrus, ’n dienskneg en apostel van Jesus Christus.
Ek skryf aan julle almal wat dieselfde kosbare geloof as ons het. Julle het hierdie geloof ontvang van Jesus Christus, ons God en Verlosser. Hý het julle regverdig verklaar.
2Mag die genade#1:2 Of onverdiende goedheid. en vrede van God steeds meer en meer julle deel wees deurdat julle God en Jesus Christus ons Here regtig ken.
God het julle nuut gemaak; maak dit sigbaar in julle leefstyl
3Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang! 4Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die neigings van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word.
5Juis om hierdie rede moet julle alles in julle vermoë doen om te wys dat hierdie beloftes vir julle waar geword het. Dan sal julle geloof meebring dat julle leefstyl goed is. ’n Goeie leefstyl bring weer mee dat jy God beter leer ken. 6As ’n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring weer mee dat ’n mens kan uithou en aanhou, en hierdie volharding loop uit op ’n lewe naby aan God#1:6, 7a Of ’n toegewyde lewe.. 7’n Lewe naby aan God#1:6, 7a Of ’n toegewyde lewe. skep liefde vir ander gelowiges#1:7b Grondteks broederliefde., en uiteindelik is dit hierdie positiewe houding teenoor medegelowiges wat meebring dat jy almal liefhet. 8Hoe meer julle op hierdie wyse groei, hoe meer sal die feit dat julle ons Here Jesus Christus ken, veroorsaak dat julle nie nutteloos en geestelik onproduktief is nie. 9Mense wie se lewe nie wys dat God se beloftes in hulle waar geword het nie, is blind, of – ten minste – kortsigtig. Hulle het klaar vergeet dat God hulle gereinig het van hulle vorige sondige leefstyl.
10Daarom, broers en susters#1:10 Grondteks broers., werk nog harder daaraan om met julle leefstyl te bewys dat God julle regtig geroep en gekies het. As julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. 11En dan sal julle sonder ophou en sonder dat iets julle hinder, kan deelneem aan die ewige koningsheerskappy#1:11 Grondteks dan sal daar vir julle oorvloedige en vrye toegang wees tot die ewige koninkryk. van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.
12Dis waarom ek julle altyd aan hierdie dinge sal herinner, al weet julle dit en al leef julle reeds noukeurig volgens die waarheid wat by julle is. 13Ek beskou dit inderdaad as my plig om julle hieraan te herinner so lank as wat ek nog lewe#1:13 Grondteks in hierdie tent is.. 14Ons Here Jesus het dit egter aan my bekendgemaak dat ek binnekort gaan sterf#1:14 Grondteks hierdie tent moet aflê.. 15Daarom sal ek moeite doen om hierdie dinge aan julle te verduidelik. Ek wil hê julle moet dit onthou lank ná ek nie meer hier is nie.
Ons Christusboodskap en die boodskap van die profete staan rotsvas
16Ons het ons verseker nie op mites verlaat toe ons vir julle vertel het van die krag van ons Here Jesus Christus en sy terugkeer nie. Met ons eie oë het ons Hom in al sy koninklike prag gesien. 17Dis mos Hý wat eer en heerlikheid van God die Vader ontvang het toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Hý is my Seun wat Ek van harte liefhet; Hy is ’n kind so na my hart!” 18Ons het self hierdie stem uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was#1:18 Of berg was wat aan God gewy is..
19Dit laat die boodskap van die profete vir ons nog vaster staan. Luister baie mooi na hulle woorde, want dis soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn – totdat Christus verskyn en sy helder lig julle harte verlig#1:19 Grondteks die dag breek en die môrester opkom in julle harte.. 20Julle moet veral weet dat geen profesie van die Skrif ontstaan het deur die profeet se eie insig nie#1:20 Of op grond van eie insig reg uitgelê kan word nie.. 21Geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie. Inteendeel, dit was die Heilige Gees wat die profete God se woorde laat verkondig het.

Currently Selected:

2 PETRUS 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy