YouVersion Logo
Search Icon

1 PETRUS 3

3
Riglyne vir huweliksverhoudings
1En julle, vroue, julle moet julle eie mans se gesag oor julle aanvaar, selfs as hulle nie die Goeie Nuus#3:1 Of evangelie. glo nie. Sonder dat julle ’n woord hoef te sê, sal julle leefstyl hulle vir Christus wen. 2Hulle sal immers sien hoe eerbiedig en onberispelik julle lewe.
3Moenie dink dis bloot uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en pragtige klere wat julle mooi maak nie. 4Julle skoonheid moet veral innerlik wees: blywende beskeidenheid en ’n gemoed wat kalm en rustig is. Dit is vir God kosbaar. 5Dis presies hoe die gelowige vroue in die ou dae hulle mooi gemaak het. Hulle het op God gehoop en hulle mans se gesag oor hulle aanvaar. 6Sara, byvoorbeeld, was aan haar man, Abraham, gehoorsaam deur hom “Meneer” te noem. Julle het haar dogters geword omdat julle doen wat goed is en julle nie laat afskrik deur enige intimidasie nie.
7En julle, mans, behandel julle vroue met respek.
Leef saam met jou vrou in die besef dat, al is sy fisiek swakker as jy, sy saam met jou deel in die lewe wat God as geskenk gee.
As jy haar só behandel, sal jou gebede nie geblokkeer word nie.
Riglyne vir die verhouding met die naaste in die algemeen
8’n Laaste woord oor julle verhoudings: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.
9Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. 10Want die Skrif sê:
“As jy die lewe wil liefhê
en goeie dae wil beleef,
moet jy jou tong weghou
van kwaadpraat
en jou lippe van leuens.
11Bly weg van die kwaad af,
ja, doen wat goed is.
Soek vrede,
ja, jaag dit na!
12Die Here sorg vir#3:12a Grondteks se oë is op. dié
wat reg doen,
en Hy luister na#3:12b Of sy ore is oop vir. hulle gebede.
Maar die Here is teen dié
wat kwaad doen.”#3:10-12c Ps 34:13-17.
Nét Christus moet seggenskap in julle lewe hê
13Verder, wie sal julle sleg behandel as julle uit julle pad gaan om goed te doen? 14Maar as dit inderdaad gebeur dat julle swaarkry omdat julle doen wat reg is, sal God sy seën op julle laat rus. Moet dus nie dat mense julle bangmaak of afskrik nie. 15Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. 16Doen dit egter taktvol en eerbiedig. Sorg dat julle gewete skoon bly. Wanneer mense dan sleg van julle praat, sal hulle skaam kry wanneer hulle agterkom hoe voorbeeldig julle leefstyl is omdat julle aan Christus behoort. 17Hou in gedagte: As God beskik dat julle moet ly omdat julle goeddoen, is dit beter as om te ly omdat julle kwaad doen.
Wees bemoedig: Christus hét oorwin en regeer nou oor alles
18Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie.
Ook Christus het só gely
toe Hy eens en vir altyd
vir ons sondes gesterf het.
Hy het nooit enige sonde gedoen nie;
tog het Hy vir sondaars gesterf
om julle by God te laat tuiskom.
Wat sy liggaam betref,
het Hy gesterf,
maar wat sy gees betref,#3:18 Of deur die Gees.
is Hy lewend gemaak.
19Só het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en sy oorwinning daar aangekondig#3:19 Of en vir hulle gepreek.. 20Hierdie geeste is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het toe Hy baie geduldig met hulle was. Dit het gebeur in die tyd toe Noag die ark#3:20a Of skip. gebou het. Net agt mense is uit die verskriklike vloed#3:20b Grondteks deur die water (heen). gered.
21Die redding in die ark is ’n voorteken van die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop red julle deur die opstanding van Jesus Christus. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n pleit voor God dat jou gewete skoon bly.
22Christus hét die hemel binnegegaan. Hy sit nou aan die regterhand van God#3:22 Die regeerposisie., met die engele, magte en kragte onder sy beheer.

Currently Selected:

1 PETRUS 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy