YouVersion Logo
Search Icon

1 KORINTIËRS 13

13
Hoe onontbeerlik die liefde is
1Al sou ek enige taal op aarde
of selfs in die hemel kon praat,
maar ek kom die liefde kort,
het ek ’n galmende trom#13:1 Die keteltrom of pouk wat van koper of brons gemaak was.
of ’n klinkende simbaal geword.
2En al sou ek die gawe van profesie#13:2 Of om God se wil bekend te maak. hê,
en sou ek alle geheime kon ontrafel,
en al die kennis ter wêreld hê,
en al sou ek genoeg geloof hê
om berge te verskuif,
maar ek kom die liefde kort,
sou ek ’n ronde nul wees.
3En al sou ek al my besittings
vir die armes gee
en selfs my liggaam opoffer
sodat ek my daarop kon beroem#13:3 Sommige manuskripte om verbrand te word.,
maar ek kom die liefde kort,
sou dit my niks help nie.
4Die liefde is geduldig en vriendelik,
die liefde is nie jaloers nie,
die liefde blaas nie sy eie beuel nie,
is nie vol van homself nie.
5Dit tree nie onwaardig op nie,
stel nie sy eie belange voorop nie,
is nie kort van draad nie,
hou nie boek van die kwaad
wat hom aangedoen word nie.
6Dit treur oor die onreg
wat plaasvind,
en juig as die waarheid seëvier.
7Die liefde bly stil oor ander se foute,
dit bly steeds vertrou,
dit hou aan met hoop,
dit verduur alles.
8Die liefde sal nooit vergaan nie.
Maar profesieë sal tot niet gaan,
die spreek in tale sal ophou,
en kennis sal verouder raak.
9Ons ken maar net ten dele
en ons profeteer maar net ten dele.#13:9 Of ons kan God se wil maar net ten dele vir ander verduidelik.
10Wanneer die volmaakte
egter gekom het,
sal al die onvolmaakte
uitgedien wees.
11Toe ek nog klein was,
het ek gepraat soos ’n kind,
gedink soos ’n kind,
geredeneer soos ’n kind.
Maar noudat ek volwasse is,
het ek die dinge van ’n kind ontgroei.
12Nou sien ons dinge nog net vaagweg
soos in ’n dowwe spieël,
maar eendag sal alles vir ons
glashelder#13:12 Grondteks van gesig tot gesig. wees.
Nou verstaan ek net ten dele,
maar eendag sal ek ten volle verstaan,
net soos God my nou ten volle verstaan.
13Al wat altyd sal bly,
is geloof, hoop en liefde – hierdie drie.
Maar die grootste hiervan
bly steeds die liefde!

Currently Selected:

1 KORINTIËRS 13: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy