YouVersion Logo
Search Icon

1 TIMOTEUS 3

3
Ouderlinge en diakens vervul albei ’n besondere rol in die gemeente
1Dit is ’n betroubare woord dat as iemand ’n ouderling#3:1 Grondteks opsiener. wil wees, hy ’n eerbare verantwoordelikheid begeer. 2Want ’n ouderling moet ’n man wees teen wie se lewe niks ingebring kan word nie. Hy moet aan sy vrou getrou wees#3:2 Grondteks die man van een vrou wees.. Hy moet selfbeheersing aan die dag lê, met wysheid lewe en ’n goeie reputasie hê. Hy moet gasvry wees en onderrig kan gee. 3Hy moet hom nie aan drank vergryp of gewelddadig wees nie. Hy moet sagmoedig en vredeliewend wees; hy moet ook nie geldgierig wees nie.
4Hy moet sy eie huisgesin goed kan bestuur en op waardige wyse oor sy kinders gesag uitoefen. 5Want as ’n man nie sy eie huisgesin kan bestuur nie, hoe kan hy vir God se gemeente sorg?
6’n Ouderling moet nie ’n onlangse bekeerling wees nie, want as hy so gou gekies word, kan hy dalk verwaand raak, en die duiwel sal dié verwaandheid gebruik om hom tot ’n val te bring#3:6 Of hy sal in dieselfde oordeel val as die duiwel.. 7Die buitestanders#3:7 Grondteks hulle daarbuite. moet ook goed van hom praat sodat hy nie in die duiwel se strik trap en tot skande kom nie.
8Op dieselfde manier moet diakens mense wees wat gerespekteer word. Hulle moenie dubbelpraters wees, hulle aan drank vergryp of geldgierig wees nie. 9Hulle moet verbind wees aan die geopenbaarde waarheid van die Christelike geloof, en hulle moet met ’n skoon gewete leef. 10Voordat hulle as diakens aangestel word, moet hulle eers getoets word. As dit blyk dat hulle onbesproke is, kan hulle as diakens dien.
11Net so moet hulle vroue#3:11 Of die vrouediakens. gerespekteer word en nie kwaad praat van ander nie. Hulle moet selfbeheersing openbaar en getrou wees in alles wat hulle doen.
12’n Diaken moet getrou wees aan sy vrou#3:12 Grondteks die man van een vrou wees., en hy moet sy kinders en huishouding goed beheer. 13Dié wat goeie diens lewer as diakens, sal beloon word met respek van ander en sal groter vrymoedigheid ontwikkel in hulle geloof in Christus Jesus.
Die hartklop van geloof in Jesus Christus
14Ek skryf dié dinge nou aan jou alhoewel ek hoop om binnekort by jou te wees. 15Ingeval ek vir ’n tydjie nog nie kan kom nie, sal jy weet hoe mense hulle moet gedra in die huishouding van God – dit is die kerk van die lewende God wat die pilaar en stut van die waarheid is.
16Sonder enige twyfel is dít die geopenbaarde waarheid van ons geloof:
Christus#3:16 Sommige manuskripte God. het as mens verskyn
en is deur die Gees as regverdig bewys.
Hy het aan engele verskyn
en is aan die nasies verkondig.
Hy is in die wêreld geglo
en is opgeneem in heerlikheid.

Currently Selected:

1 TIMOTEUS 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy