YouVersion Logo
Search Icon

1 SAMUEL 3

3
Die Here praat met Samuel
1Intussen het die seun Samuel die Here gedien onder Eli se toesig. In daardie tyd was boodskappe van die Here baie skaars en visioene was seldsaam.
2Eli was toe al feitlik blind. Een nag terwyl hy nog slaap 3en die lamp van God nog gebrand het en Samuel in die heiligdom van die Here by die ark van God gelê en slaap het, 4het die Here geroep: “Samuel!”
“Ek kom!” antwoord Samuel. 5Hy spring op en hardloop na Eli toe. “Hier is ek. U het my geroep!”
“Nee, ek het jou nie geroep nie,” antwoord Eli. “Gaan maar terug bed toe.” Hy maak toe so.
6Die Here het hom weer geroep.
Samuel het weer uit die bed gespring en na Eli toe gehardloop. “Hier is ek,” sê hy. “U het my geroep.”
“Ek het jou nie geroep nie, my seun,” sê Eli. “Gaan slaap maar weer.”
7Samuel het nie vooraf geweet dat dit die Here is nie, want die Here het nog nie met hom gepraat nie.
8Die Here roep hom toe vir die derde keer, en weer hardloop hy na Eli toe. “Hier is ek,” sê hy. “U het my tog geroep.”
Toe besef Eli dat dit die Here is wat die seun geroep het. 9Daarom sê hy vir Samuel: “Gaan lê en as iemand weer na jou roep, sê dan: ‘Ja, Here, u dienaar luister.’” Samuel is weer terug na sy bed toe.
10Die Here kom staan toe daar en roep soos die vorige kere: “Samuel, Samuel!”
Samuel het geantwoord: “Ja, Here, u dienaar luister.”
11Die Here sê vir Samuel: “Ek is op die punt om ’n skokkende ding in Israel te doen. 12Ek gaan nou al my dreigemente teen Eli en sy gesin uitvoer. 13Ek het hom voortdurend gewaarsku dat Ek sy gesin gaan straf oor die verkeerde dade van sy seuns. Hy het geweet dat hulle hulle skandelik gedra, maar hy het hulle nie bestraf nie. 14Daarom lê Ek ’n eed af dat die sondes van Eli en sy seuns nooit deur diere-offers of graanoffers versoen sal word nie.”
Samuel dra God se boodskap oor
15Samuel het tot die oggend bly lê. Toe het hy opgestaan en soos gewoonlik die deure van die heiligdom van die Here oopgemaak. Hy was bang om vir Eli te vertel wat die Here vir hom gesê het. 16Maar Eli het hom geroep: “Samuel, my seun!”
“Hier is ek,” antwoord Samuel.
17“Wat het die Here vir jou gesê? Moenie iets vir my wegsteek nie. Mag God met jou afreken as jy my nie alles sê wat jy gehoor het nie!” 18Toe vertel Samuel alles vir Eli. Hy het niks weggesteek nie.
“Dit is die Here se wil,” sê Eli. “Hy is die Here. Laat Hom doen wat Hy dink goed is.”
19Samuel het grootgeword, en die Here was met hom. Alles wat hy gesê het, het waar geword. 20Almal in Israel oor die hele land#3:20 Grondteks van Dan tot Berseba. het geweet dat Samuel as profeet van die Here betroubaar was. 21Die Here het weer in Silo verskyn en daar sy woord aan Samuel geopenbaar.
Samuel se woorde was aan die hele Israel gerig.

Currently Selected:

1 SAMUEL 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy