YouVersion Logo
Search Icon

1 PETRUS 1

1
Die apostel Petrus skryf aan God se uitverkore volk in Klein-Asië
1Hierdie brief kom van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus.
Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. 2God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy#1:2a Of vir Hom geheilig.. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoongemaak#1:2b Grondteks besprinkel. is.
Mag God se genade#1:2c, 10, 13a Of onverdiende goedheid. en vrede steeds meer en meer julle deel wees.
Alle eer aan God vir die nuwe lewe en die wonderlike vooruitsig wat Hy aan ons gee
3Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. 4God het inderdaad ’n kosbare erfporsie vir sy kinders. Hierdie erfporsie kan nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom. 5En God sal ook júlle deur sy krag veilig bewaar sodat julle die verlossing sál ontvang deurdat julle op Hom vertrou. Julle verlossing sal in die eindtyd vir almal sigbaar word.
6Hieroor kan#1:6 Of moet. julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry.
Beproewings laat die egtheid van geloof blyk
7Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word.
8Hóm het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie. Al sien julle Hom nou nie, vertrou julle op Hom; julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie.
9Julle ervaar hierdie blydskap, want julle is reeds besig om julle finale verlossing, wat die doelwit van julle geloof is, te verkry.
Julle is meer bevoorreg as die profete
10Oor hierdie verlossing wou die profete meer weet. Hulle het oor God se genade#1:2c, 10, 13a Of onverdiende goedheid. wat vir julle bedoel is, geprofeteer, al het hulle baie vrae oor die bedoeling daarvan gehad. 11Hulle het probeer uitvind wat die Gees van Christus in hulle bedoel het toe Hy vooruit vir hulle vertel het van Christus se lyding en dat Hy daarna verheerlik sou word. Hulle het gewonder met wie en wanneer dit alles sou gebeur.
12God het aan hulle openbaar dat dit wat hulle geprofeteer het, nie vir hulle eie tyd bedoel was nie, maar vir julle s’n. Dié Goeie Nuus#1:12a, 22a, 25b Of evangelie. is nou by julle aangekondig deur dié wat vir julle gepreek het met die krag wat die Heilige Gees gee. God self het die Gees gestuur.#1:12b Of Die Heilige Gees is van die hemel af gestuur. Dit is só wonderlik dat selfs die engele dit alles fyn dophou.
God se kinders moet volkome toegewy aan Hom lewe
13Sien daarom met verwagting uit na die genade#1:2c, 10, 13a Of onverdiende goedheid. wat vir julle gebring word wanneer Jesus Christus weer verskyn. Sorg dat julle helder dink en gedissiplineerd lewe#1:13b Grondteks terwyl julle verstand se heupe omgord en nugter is..
14Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings#1:14 Of begeertes. die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. 15Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. 16Hy het immers self gesê#1:16a Grondteks Daar staan immers geskryf.: “Wees heilig, want Ék is heilig!”#1:16b Lev 11:44.
God het julle losgekoop. Stel daarom al julle vertroue en hoop op God
17En onthou dat die Vader tot wie julle bid, niemand voortrek wanneer Hy beoordeel nie. Hy beoordeel elke mens volgens sy dade. Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, al is julle uitlanders.
18Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. 19Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van ’n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. 20God het Hom lank voor die skepping al hiervoor bestem. God het Hom egter eers in hierdie eindtyd vir almal sigbaar gemaak. En Hy het dit vir júlle gedoen. 21Christus maak dat julle al julle vertroue op God stel. God het Christus uit die dood opgewek en heerlikheid aan Hom gegee. Daarom stel julle al julle vertroue en hoop op God.
As gereinigde mense moet julle mekaar van harte liefhê
22Julle is van julle sondes gereinig toe julle die waarheid van die Goeie Nuus#1:12a, 22a, 25b Of evangelie. aanvaar het. Julle kan mekaar dus as medegelowiges#1:22b Of broers. regtig liefhê. Daarom moet julle sorg dat julle mekaar van harte liefhet, al vra dit inspanning. 23God het immers die proses begin waardeur julle weergebore is. Hierdie weergeboorte is nie deur julle aardse ouers bewerk nie, want die lewe wat hulle julle gegee het, loop op die dood uit. Die nuwe lewe wat God gegee het, is vir ewig, want dit kom van die ewige en lewende woord van God.#1:23 Grondteks Julle is nie met verganklike saad verwek nie, maar met onverganklike saad, naamlik deur die lewende en ewige woord van God. 24Soos die profeet sê:
“Elke liggaam is soos gras;
al sy skoonheid is soos ’n
veldblom.
Die gras verskroei,
en die blom verlep.
25Maar die woord van die Here
hou vir ewig.”#1:24-25a Jes 40:6-8.
En hierdie woord is as Goeie Nuus#1:12a, 22a, 25b Of evangelie. aan julle verkondig.

Currently Selected:

1 PETRUS 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy