YouVersion Logo
Search Icon

1 JOHANNES 3

3
Dis julle herkoms wat saak maak, kinders van God!
1Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook. Daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. 2Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk. 3Almal wat uit hierdie Christusverwagting leef, hou hulleself vlekkeloos soos Hy vlekkeloos is.
4Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. 5Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. 6Elkeen wat in ’n hegte verhouding met Hom leef#3:6 Grondteks wat in Hom bly., hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie ’n begrip van Hom nie.
7Kinders, moenie dat iemand julle hieroor mislei nie: Elkeen wat reg leef, is regverdig, net soos Hy regverdig is. 8Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het. Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig.
9Elkeen wat deur God verwek is, hou nie aan sonde doen nie omdat God se saad in hulle bly. Hulle kan ook nie aanhou sonde doen nie omdat hulle deur God verwek is. 10Op hierdie manier is dit duidelik wie die kinders van God en wie die kinders van die duiwel is. Almal wat nie reg optree nie en ook nie hulle medegelowiges#3:10 Grondteks sy broer. liefhet nie, is nie uit God nie.
Liefhê en haat loop nie saam nie
11Dít is die boodskap wat ons van die heel begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. 12Ons moet nie soos Kain optree wat uit die bose was en sy broer doodgemaak het nie. Om watter rede het hy hom doodgemaak? Omdat sy eie optrede boos was en sy broer s’n reg.
13Broers en susters#3:13, 14, 15, 16, 17 Grondteks broers., moet nie verbaas wees as die wêreld julle haat nie. 14Ons leef in die wete dat ons reeds uit die dood oorgegaan het in die lewe omdat ons ons broers en susters#3:13, 14, 15, 16, 17 Grondteks broers. liefhet. Wie nie liefhet nie, bly eenvoudig in die dood vasgevang. 15Elkeen wat sy broer of suster#3:13, 14, 15, 16, 17 Grondteks broers. haat, is ’n moordenaar, en julle weet dat geen moordenaar deel het aan die ewige lewe nie. 16Ons het die volmaakte liefde leer ken: dit is dat Christus sy lewe ter wille van ons afgelê het. Só moet ons ook ons lewens prysgee ter wille van ons broers en susters#3:13, 14, 15, 16, 17 Grondteks broers.. 17Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster#3:13, 14, 15, 16, 17 Grondteks broers. sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?
18Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. 19Deur ons optrede sal ons weet dat ons getrou aan die waarheid lewe en dat ons ons gewete voor Hom tot rus kan bring. 20Maar selfs wanneer ons gewete ons sou aankla – God is groter as ons gewete en Hy weet alles.
21Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God toe te gaan. 22Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak. 23En dit is sy opdrag: Ons moet glo in die persoon#3:23 Grondteks die Naam. van sy Seun, Jesus Christus, en ons moet mekaar liefhê, net soos Hy aan ons die opdrag gegee het. 24Wie sy opdragte gehoorsaam, leef in ’n hegte verhouding met God#3:24a Grondteks bly in Hom. en Hy op sy beurt met daardie persoon. Hieraan weet ons dat Hy in ’n hegte verhouding met ons leef#3:24b Grondteks in ons bly.: aan die Gees wat Hy aan ons gegee het.

Currently Selected:

1 JOHANNES 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy