YouVersion Logo
Search Icon

1 KORINTIËRS 5

5
Hoe die Korintiërs moet optree in ’n geval van ernstige seksuele wangedrag
1Ek kon my ore byna nie glo om van die seksuele vergrype onder julle te hoor nie – daarby van so ’n ernstige aard dat dit selfs nie onder die ongelowiges voorkom nie. Ek moes verneem dat daar iemand in julle gemeente is wat met sy stiefma in sonde saamleef. 2En dan is julle nog so trots op julleself! Pleks dat julle treur en toesien dat hierdie man wat sulke dinge aanvang, uit julle midde verwyder word!
3-4Al was ek nie self daar saam met julle nie, is ek tog in die gees#5:3 Of in die Gees. by julle en het ek, asof ek teenwoordig is, al klaar in die Naam van ons Here Jesus ’n oordeel uitgespreek oor die man wat so iets gedoen het. Julle moet ’n gemeentevergadering saamroep.#5:4 Of Julle moet in die Naam van die Here Jesus ’n gemeentevergadering saamroep. Ek sal in die gees daar wees en die krag van ons Here Jesus sal ook saam met julle daar wees. 5Dan moet julle daardie man aan Satan oorgee sodat sy sondige aard vernietig word#5:5a Of sodat hy sterf. Grondteks sodat sy liggaam vernietig word., maar hyself#5:5b Grondteks maar sy gees. verlos kan word op die oordeelsdag.
6Dis erg dat julle nog oor julle spiritualiteit kan spog terwyl julle iets soos hierdie in julle midde toelaat. Besef julle nie dat as selfs net een persoon toegelaat word om so voort te gaan, almal binnekort aangetas sal wees nie, soos suurdeeg die hele deeg suur maak? 7Verwyder hierdie slegte invloed onder julle uit sodat julle weer nuut en skoon kan wees,#5:6-7 Grondteks Besef julle nie dat selfs ’n klein bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie? 7Suiwer dan die ou suurdeeg uit julle uit sodat julle ’n nuwe ongesuurde stuk deeg kan wees. want dit is tog wat julle in wese is. Ook vir ons is daar immers ’n Paaslam geslag – Christus. 8Kom ons vier dan fees, nie met die ou brood#5:8a Grondteks nie met die ou suurdeeg. van sonde en onsedelikheid nie, maar met die nuwe brood#5:8b Grondteks maar met ongesuurde (brood). van reinheid en waarheid.
9In my vorige brief het ek vir julle geskryf dat julle nie met mense moet assosieer wat ’n onsedelike lewe lei nie. 10Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat ’n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat! 11Wat ek bedoel het, is wat ek nou in hierdie brief bevestig: Julle moenie in die gemeente assosieer met iemand wat op Christenskap aanspraak maak#5:11 Grondteks wat ’n broer genoem word. en ten spyte daarvan ’n onsedelike lewe lei of ’n gierigaard of afgodsdienaar of kwaadsteker of dronkaard of swendelaar is nie. Julle moenie eers saam met so iemand eet nie.
12Dis nie my taak om oor die buitestanders te oordeel nie. Maar dit is tog sekerlik julle verantwoordelikheid om te oordeel oor dié binne die gemeente wat hulle op hierdie manier skuldig maak. 13Gód sal sy oordeel vel oor hulle wat buite staan. Maar die Skrif sê: “Julle moet die slegte persoon uit julle midde verwyder.”#5:13 Deut 17:7.

Currently Selected:

1 KORINTIËRS 5: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy