1
Romeine 6:23
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Die eindproduk van die sonde is die dood, maar die geskenk van God is die ewige lewe, in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een. Yog 8:51
Compare
Explore Romeine 6:23
2
Romeine 6:14
Sonde het nie outoriteit oor julle nie, want julle is nie onder die geskrewe wet nie, maar onder onverdiende guns.
Explore Romeine 6:14
3
Romeine 6:4
Ons is saam met Hom begrawe in die doop tot die dood sodat net soos Die Gesalfde Een uit die dood uit opgestaan het deur die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van Sy Vader, ons ook net so in ’n nuwe lewe kan leef, Efe 3:20 Fil 3:10
Explore Romeine 6:4
4
Romeine 6:13
Moet ook nie julle lede aanbied as wapens vir boosheid tot sonde nie, maar bied julleself aan vir God as mense wat uit die dood uit lewend is en julle lede sal wapens wees vir die onpartydige opregtheid van God.
Explore Romeine 6:13
5
Romeine 6:6
Ons weet dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is sodat die liggaam van sonde vernietig sou word sodat ons nie langer ’n slaaf van die sonde sal wees nie
Explore Romeine 6:6
6
Romeine 6:11
Net so moet julle ook julleself beskou as dood vir die sonde en dat julle leef vir God in eenheid met ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.
Explore Romeine 6:11
7
Romeine 6:1-2
Wat sal ons daarom sê? Sal ons in die sonde bly sodat die onverdiende guns meer kan word? ’n Verwerplike gedagte! Hoe kan enige een van ons wat dood is vir die sonde, weer daarin leef? 1 Yog 5:18
Explore Romeine 6:1-2
8
Romeine 6:16
Weet julle nie dat julle, aan wie julle ook al julself aanbied om gehoorsaam te wees, sy slaaf is om aan hom gehoorsaam te wees nie; òf dit die sonde, òf die onpartydige opregtheid is waarna jy luister?
Explore Romeine 6:16
9
Romeine 6:17-18
Dank God dat julle slawe van die sonde was en vanuit julle verstand, wil en emosie gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle gebring is en toe julle vrygemaak is van die sonde, het julle slawe geword van die onpartydige opregtheid.
Explore Romeine 6:17-18
Home
Bible
Plans
Videos