1
Mattityahu 15:18-19
PWL in Standaard Protestantse Canon
SPC
Alle dinge wat egter uit die mond uitgaan, kom uit die verstand, wil en emosie en dit maak die mens onrein, want uit die verstand, wil en emosie kom daar bose gedagtes, moord, egbreuk, seksuele immoraliteit, diefstal, valse getuienis en laster.
Compare
Explore Mattityahu 15:18-19
2
Mattityahu 15:11
Dit is nie wat in die mond ingaan, wat die mens onrein maak nie, maar dit wat uit die mond uitgaan, maak die mens onrein.”
Explore Mattityahu 15:11
3
Mattityahu 15:8-9
‘Hierdie mense eer My met hulle lippe, maar hulle verstand, wil en emosie is baie ver van My af. Hulle aanbidding tot My is doelloos terwyl hulle leringe leer van die wette van mense’.” Yes 29:13 Yir 12:2 Mat 7:21
Explore Mattityahu 15:8-9
4
Mattityahu 15:28
Toe sê Yeshua vir haar: “O vrou, groot is jou vertroue; dit sal vir jou gedoen word soos jy wil” en haar dogter is genees van daardie oomblik af.
Explore Mattityahu 15:28
5
Mattityahu 15:25-27
maar sy kom en val voor Hom neer en sê: “My Meester, help my!” Hy sê vir haar: “Dit is nie goed om die brood van die kinders weg te vat en dit vir die honde te gooi nie,” maar sy sê: “Ja, my Meester, selfs die honde eet van die krummels wat van hulle base se tafel afval en hulle leef.”
Explore Mattityahu 15:25-27
Home
Bible
Plans
Videos