So het die geboorte van Yeshua, Die Gesalfde Een, gebeur: terwyl Sy moeder, Miryam, verloof was aan Yosef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind deur die toedoen van die Gees wat Afgesonderd is.
Yosef, haar man, wat ’n man was wat gedoen het wat reg is en haar nie openbaar wou maak nie, het oorweeg om in die geheim van haar te skei