1
Openbaring 3:20
Die Bybel 2020-vertaling
AFR20
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe, en saam met hom eet, en hy saam met My.
Compare
Explore Openbaring 3:20
2
Openbaring 3:15-16
“ ‘Ek ken jou dade, dat jy nóg koud, nóg warm is. Was jy nou maar koud of warm! Maar omdat jy louwarm is – nóg warm, nóg koud – gaan Ek jou uit my mond spoeg.
Explore Openbaring 3:15-16
3
Openbaring 3:19
Diegene wat Ek liefhet, berispe en tug Ek: Wees dan ywerig en bekeer jou!
Explore Openbaring 3:19
4
Openbaring 3:8
“ ‘Ek ken jou dade. Kyk, Ek het voor jou 'n oop deur gegee, wat niemand kan sluit nie. Al is jou krag min, het jy vasgehou aan my woord, en het jy my Naam nie verloën nie.
Explore Openbaring 3:8
5
Openbaring 3:21
“ ‘Wie oorwin, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos wat Ek ook oorwin het, en saam met my Vader op sy troon sit.
Explore Openbaring 3:21
6
Openbaring 3:17
Omdat jy sê, “Ek is ryk, ek het skatryk geword, en het aan niks gebrek nie,” en nie besef dat jy ellendig en bejammerenswaardig, brandarm, blind en naak is nie
Explore Openbaring 3:17
7
Openbaring 3:10
Omdat jy aan my opdrag gehoorsaam was om te volhard, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele bewoonde wêreld gaan aanbreek, om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Explore Openbaring 3:10
8
Openbaring 3:11
Ek kom gou; hou vas aan wat jy het, sodat niemand jou oorwinnaarskrans wegneem nie.
Explore Openbaring 3:11
9
Openbaring 3:2
Wees wakker, en versterk diegene wat nog oor is, wat op die punt is om dood te gaan. Ek het gevind dat jou dade in die oë van my God nie voldoende is nie.
Explore Openbaring 3:2
Home
Bible
Plans
Videos