Soos baie ontsteld was oor hom
– so onmenslik misvormd
was sy voorkoms,
sy gestalte nie meer
dié van 'n mens nie –
net so sal hy baie nasies verbyster;
konings sal oor hom swyg.
Ja, hulle aan wie niks vertel is nie, sien;
en wie nie gehoor het nie, begryp. ”