1
Deuteronomium 4:29
Die Bybel 2020-vertaling
AFR20
“ Daar sal julle die HERE julle God soek en Hom vind, as julle Hom met hart en siel smeek.
Compare
Explore Deuteronomium 4:29
2
Deuteronomium 4:31
Die HERE julle God is immers 'n barmhartige God. Hy sal julle nie versaak nie en julle nie uitroei nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy vir julle voorvaders met 'n eed bevestig het nie.
Explore Deuteronomium 4:31
3
Deuteronomium 4:24
want die HERE julle God is 'n verterende vuur; Hy is 'n besitlike God.
Explore Deuteronomium 4:24
4
Deuteronomium 4:9
“ Wees net versigtig, ja, let noukeurig daarop dat julle nie die dinge vergeet wat julle met julle eie oë gesien het nie, en dat dit nie uit julle harte verdwyn solank julle leef nie. Sorg dat julle kinders en kleinkinders kennis dra
Explore Deuteronomium 4:9
5
Deuteronomium 4:39
Erken vandag en laat dit in julle harte insink: Die HERE, Hy is God bo in die hemel en onder op die aarde. Daar is geen ander nie.
Explore Deuteronomium 4:39
6
Deuteronomium 4:7
Want watter ander groot nasie het 'n god wat so na aan hulle is soos die HERE ons God aan ons is wanneer ook al ons Hom aanroep?
Explore Deuteronomium 4:7
7
Deuteronomium 4:30
Wanneer julle in die nood is en al hierdie dinge met julle gebeur, sal julle aan die einde van die dae julle tot die HERE julle God bekeer en na sy stem luister.
Explore Deuteronomium 4:30
8
Deuteronomium 4:2
Julle mag niks byvoeg by alles wat ek julle beveel nie, en julle mag niks daarvan weglaat nie. Kom die gebooie van die HERE julle God, na wat ek julle beveel.
Explore Deuteronomium 4:2