1
Josua 10:13
Bybel vir almal
ABA
Die son en die maan het toe stilgestaan totdat die Israeliete hulle vyande oorwin het. Dit is so geskryf in die Boek van Jasar: Die son het stilgestaan hoog in die lug, die son het omtrent 'n hele dag lank nie ondergegaan nie.
Compare
Explore Josua 10:13
2
Josua 10:12
Josua het daardie dag met die Here gepraat, die dag toe die Here die Israeliete laat wen het teen die Amoriete. Die Israeliete het gehoor toe Josua sê: “Son, jy moet stilstaan by die stad Gibeon, maan, jy moet stilstaan in die Ajalon-vallei.”
Explore Josua 10:12
3
Josua 10:14
Daar was nog nooit 'n dag soos hierdie dag nie, nie voorheen nie en ook nie later nie. Die Here het gedoen wat 'n mens vir Hom gevra het, want die Here het self oorlog gemaak, sodat die Israeliete hulle vyande kon oorwin.
Explore Josua 10:14
4
Josua 10:8
Die Here het vir Josua gesê: “Jy moenie bang wees vir hulle nie, want Ek sal jou laat wen teen hulle, nie een van hulle sal iets teen jou kan doen nie.”
Explore Josua 10:8
5
Josua 10:25
Josua het vir die leiers gesê: “Julle moenie bang en bekommerd wees nie, julle moet sterk en dapper wees, want julle sal oorlog moet maak teen julle vyande, maar die Here sal dieselfde doen met daardie vyande.”
Explore Josua 10:25
Home
Bible
Plans
Videos