1
Jakobus 4:7
Bybel vir almal
ABA
Julle moet gehoorsaam wees aan God, julle moet veg teen die duiwel, dan sal hy wegvlug van julle.
Compare
Explore Jakobus 4:7
2
Jakobus 4:8
Julle moet nader kom na God toe, dan sal Hy nader kom na julle toe. Julle is mense wat sonde doen, julle moet ophou om verkeerde dinge te doen. Julle is vals en julle doen nie wat julle sê nie, julle moet ophou om verkeerde dinge te dink.
Explore Jakobus 4:8
3
Jakobus 4:10
Julle moet vir die Here wys dat julle nie dink julle is belangrik nie. Dan sal Hy julle belangrik maak.
Explore Jakobus 4:10
4
Jakobus 4:6
Maar God gee vir 'n mens nog meer genade. Daarom sê God in die Ou Testament: Wanneer mense dink dat hulle vir ander mense kan spot, dan spot God vir húlle. Wanneer mense weet dat hulle nie hulleself kan help nie, dan is God goed vir hulle.
Explore Jakobus 4:6
5
Jakobus 4:17
Daarom, wanneer 'n mens weet dat hy die regte ding moet doen maar hy doen dit nie, dan doen hy sonde.
Explore Jakobus 4:17
6
Jakobus 4:3
En wanneer julle iets vir God vra, dan kry julle dit nie, omdat julle verkeerd vra. Julle vra dinge sodat julle dit kan mors saam met al die ander lekker dinge wat julle graag wil doen.
Explore Jakobus 4:3
7
Jakobus 4:4
Julle is slegte en sondige mense. Julle weet baie goed dat wanneer iemand 'n vriend is van die mense van die wêreld, dan is hy 'n vyand van God. Die mens wat graag 'n vriend wil wees van die mense van die wêreld, wys dat hy 'n vyand van God is.
Explore Jakobus 4:4
8
Jakobus 4:14
Julle is mense wat nie weet wat môre in julle lewe sal gebeur nie, want julle is soos 'n miswolk, 'n mens sien dit net 'n kort tydjie, en dan verdwyn dit.
Explore Jakobus 4:14
Home
Bible
Plans
Videos