Dit is die Here wat praat,
Hy wat vir julle gemaak het,
wat vir julle liggame gegee het
voordat julle gebore is,
dit is Hy wat vir julle help.
Die Here sê:
“Nageslag van Jakob, my dienaars,
nageslag van Jesurun,
Ek het julle gekies,
julle moenie bang wees nie