1
Esegiël 18:32
Bybel vir almal
ABA
Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek wil nie hê dat mense moet sterf nie, Ek wil hê hulle moet hulle lewe verander sodat hulle kan aanhou lewe.”
Compare
Explore Esegiël 18:32
2
Esegiël 18:20
Die persoon wat sonde doen, is die persoon wat sal sterf. Ek sal nie 'n seun straf oor die sonde van sy pa nie en Ek sal nie 'n pa straf oor die sonde van sy seun nie. Dit sal goed gaan met die mens wat reg doen en dit sal sleg gaan met die mens wat verkeerd doen.
Explore Esegiël 18:20
3
Esegiël 18:31
Julle moet ophou om opstandig te wees, julle moet 'n nuwe hart en 'n nuwe gees kry. Mense van Israel, hoekom wil julle sterf?
Explore Esegiël 18:31
4
Esegiël 18:23
Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek wil glad nie hê dat die persoon wat verkeerd doen, moet sterf nie, Ek wil hê hy moet sy lewe verander sodat hy kan aanhou lewe.
Explore Esegiël 18:23
5
Esegiël 18:21
“En wanneer iemand wat altyd verkeerd gedoen het, ophou om al die sondes te doen wat hy gedoen het en hy lewe dan soos Ek sê en hy doen reg, dan sal hy aanhou lewe, dit is seker, hy sal nie sterf nie.
Explore Esegiël 18:21
6
Esegiël 18:9
hy lewe soos Ek sê en hy doen wat Ek wil hê, hy doen die regte dinge. “So 'n mens lewe reg. Hy sal aanhou lewe, dit is seker.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Explore Esegiël 18:9