Ons bid dat God wat vrede gee, julle aan Hom sal wy sodat julle sal doen wat Hy wil hê. Ons bid ook dat wanneer ons Here Jesus Christus kom, julle heeltemal skoon sal wees, julle gees, julle hart en julle liggaam. Dan sal niemand julle kan beskuldig nie. God sal doen wat Hy belowe het, Hy het julle gekies en Hy sal dit doen.