Soekresultate

EFESIËRS 4:26 (AFR83)

As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie.

JAKOBUS 1:19 (AFR83)

My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.

JAKOBUS 1:20 (AFR83)

'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

EFESIËRS 4:31 (AFR83)

Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie.

EFESIËRS 4:32 (AFR83)

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.

SPREUKE 19:11 (AFR83)

'n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.

MATTEUS 5:22 (AFR83)

Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir 'n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir 'n idioot, is strafbaar met die helse vuur.

PSALMS 37:8 (AFR83)

Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

SPREUKE 14:29 (AFR83)

'n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon.

SPREUKE 15:1 (AFR83)

'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.

PREDIKER 7:9 (AFR83)

Moenie gou kwaad word nie: dit is 'n dwaas wat gou kwaad word.

SPREUKE 29:11 (AFR83)

'n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede; 'n wyse mens kry die dwaas naderhand gekalmeer.

SPREUKE 16:32 (AFR83)

'n Geduldige mens het meer waarde as 'n bedrewe vegter, 'n mens met selfbeheersing meer as iemand wat 'n stad inneem.

SPREUKE 15:18 (AFR83)

'n Humeurige mens soek skoor; 'n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld.

ROMEINE 12:19 (AFR83)

Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.

KOLOSSENSE 3:8 (AFR83)

Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie,

SPREUKE 16:14 (AFR83)

Die woede van die koning dra die boodskap van die dood; 'n wyse mens bring dié woede tot bedaring.

PSALMS 76:11 (AFR83)

Ook die woede van 'n mens dien u lof, selfs die laaste reste van die woede gebruik U in u diens.

GALASIËRS 5:20 (AFR83)

afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring,

PSALMS 85:4 (AFR83)

U het u woede laat bedaar, u gloeiende toorn laat afkoel.

JOB 19:11 (AFR83)

Hy laat sy woede teen my losbreek, Hy behandel my as vyand.

JOB 26:11 (AFR83)

Die pilare van die hemel skud, hulle sidder vir sy dreigende woede.

GENESIS 27:44 (AFR83)

en bly 'n ruk by hom tot jou broer se woede oor is.

PSALMS 124:3 (AFR83)

dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle woede teen ons ontvlam het;

JOB 15:13 (AFR83)

Wil jy jou woede op God koel dat daar sulke woorde uit jou mond kom?