Soekresultate

EFESIËRS 2:8 (AFR83)

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.

HEBREËRS 11:1 (AFR83)

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

HEBREËRS 11:3 (AFR83)

Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.

HEBREËRS 11:6 (AFR83)

As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.

JOHANNES 3:16 (AFR83)

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

MATTEUS 21:21 (AFR83)

Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur.

GALASIËRS 2:16 (AFR83)

En tog weet ons dat 'n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.

ROMEINE 8:28 (AFR83)

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

HEBREËRS 12:2 (AFR83)

die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

MATTEUS 17:20 (AFR83)

“Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

JAKOBUS 1:3 (AFR83)

want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

JAKOBUS 2:17 (AFR83)

So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

ROMEINE 10:17 (AFR83)

Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.

ROMEINE 5:4 (AFR83)

en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop;

ROMEINE 3:30 (AFR83)

want daar is net een God. Hy sal die besnedenes deur die geloof en die onbesnedenes deur dieselfde geloof vryspreek.

1 TIMOTEUS 1:19 (AFR83)

Hou vas aan die geloof en behou 'n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely.

JAKOBUS 2:18 (AFR83)

Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.

GALASIËRS 3:23 (AFR83)

Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek.

HANDELINGE 11:24 (AFR83)

Barnabas was 'n goeie man, vol van die Heilige Gees en met 'n vaste geloof. 'n Aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring,

EFESIËRS 4:5 (AFR83)

Daar is net één Here, één geloof, één doop,

2 KORINTIËRS 5:7 (AFR83)

want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.

JOHANNES 10:42 (AFR83)

Baie mense het daar tot geloof in Hom gekom.

LUKAS 17:5 (AFR83)

Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.”

1 KORINTIËRS 16:13 (AFR83)

Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!

MARKUS 11:22 (AFR83)

Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê!