Soekresultate vir: Openbaring 19:7

DIE OPENBARING 19:7 (AFR83)

Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.

DIE OPENBARING 19:6 (AFR83)

Ek het toe iets gehoor soos die geluid van 'n groot menigte, soos die gedruis van 'n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep: “Prys die Here! Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as koning.

DIE OPENBARING 19:9 (AFR83)

Toe sê die engel vir my: “Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.” Verder sê hy vir my: “Dit is die woorde van God, en hulle is waar.”

DIE OPENBARING 19:18 (AFR83)

Kom eet die vleis van die konings, die vleis van die opperbevelhebbers, die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle ruiters, ja, die vleis van allerhande mense: vryes en slawe, klein en groot.”

DIE OPENBARING 19:16 (AFR83)

Op sy klere, by sy heupe, was daar 'n Naam geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers.”

DIE OPENBARING 19:3 (AFR83)

Verder het hulle uitgeroep: “Prys die Here! Haar rook styg tot in alle ewigheid op.”

DIE OPENBARING 19:8 (AFR83)

God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.” Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.

DIE OPENBARING 19:12 (AFR83)

Sy oë het soos vuur gevlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was 'n Naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self.

DIE OPENBARING 19:13 (AFR83)

Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is: “Die Woord van God.”

DIE OPENBARING 19:4 (AFR83)

Die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het gekniel en God aanbid wat op die troon sit. Hulle het gesê: “Amen! Prys die Here!”

DIE OPENBARING 19:10 (AFR83)

Toe het ek voor sy voete op my knieë neergeval om hom te aanbid. “Pas op, moenie!” sê hy toe vir my. “Ek is 'n mededienaar van jou en van jou medegelowiges wat aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Aanbid God, want dit is Jesus wat die getuienis gelewer het, en dit is die Gees wat die profesie gegee het.”

DIE OPENBARING 19:21 (AFR83)

Die ander mense is doodgemaak met die swaard wat uitgegaan het uit die mond van die Ruiter op die wit perd. Al die roofvoëls het hulle dik geëet aan die vleis.

DIE OPENBARING 19:1 (AFR83)

Hierna het ek iets gehoor soos die harde geluid van 'n groot menigte in die hemel wat uitroep: “Prys die Here! Die oorwinning, die heerlikheid en die mag behoort aan ons God!

DIE OPENBARING 19:17 (AFR83)

Toe het ek 'n engel by die son sien staan. Hy het met 'n harde stem uitgeroep en vir al die roofvoëls, wat hoog in die lug vlieg, gesê: “Kom, kom bymekaar vir die groot feesmaal wat God gereed maak!

DIE OPENBARING 19:2 (AFR83)

Regverdig en reg is sy oordele, want Hy het die oordeel voltrek oor die sedelose vrou wat die aarde deur haar onsedelikheid verwoes het. Hy het die dood van sy dienaars op haar gewreek.”

DIE OPENBARING 19:5 (AFR83)

Toe het daar 'n stem van die troon af gekom wat gesê het: “Loof ons God, al sy dienaars, dié wat Hom vrees, klein en groot!”

DIE OPENBARING 19:14 (AFR83)

Die leërs in die hemel het op wit perde agter Hom aan gery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad.

DIE OPENBARING 19:19 (AFR83)

Toe het ek gesien dat die dier en die konings van die aarde met hulle leërs bymekaargekom het om oorlog te maak teen die Ruiter op die wit perd en teen sy leër.

DIE OPENBARING 19:11 (AFR83)

Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was 'n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog.

DIE OPENBARING 19:15 (AFR83)

Uit sy mond het daar 'n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met 'n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige.

DIE OPENBARING 19:20 (AFR83)

Die dier is toe gevange geneem en saam met hom ook die vals profeet wat die wondertekens vir die dier gedoen en daarmee die mense mislei het wat die merk van die dier aanvaar en sy beeld aanbid het. Hulle twee is lewend in die vuurpoel gegooi wat met swael brand.

DIE OPENBARING 7:5 (AFR83)

uit die stam van Juda is daar twaalf duisend gemerk, uit die stam Ruben twaalf duisend, uit die stam Gad twaalf duisend,

DIE OPENBARING 7:6 (AFR83)

uit die stam Aser twaalf duisend, uit die stam Naftali twaalf duisend, uit die stam Manasse twaalf duisend,

DIE OPENBARING 7:15 (AFR83)

Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly.

DIE OPENBARING 7:3 (AFR83)

en het vir hulle gesê: “Moenie die land en die see en die bome tref nie. Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk met die seël.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid