Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 28:68 (AFR83)

“Die Here sal jou met die pad waarvan ek vir jou gesê het jy sal dit nie meer sien nie, terugvat Egipte toe in groot ellende. Daar sal julle julleself aan jou vyande as slawe en slavinne te koop aanbied, maar daar sal nie 'n koper wees nie.”

DEUTERONOMIUM 29:2 (AFR83)

Moses het die hele Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Julle het self ondervind wat die Here alles voor julle oë met Egipte, met die farao en al sy amptenare en met sy hele land gedoen het:

DEUTERONOMIUM 29:9 (AFR83)

“Sorg dat julle doen wat hierdie verbond bepaal en lewe daarvolgens sodat julle voorspoedig sal wees in alles wat julle aanpak.

DEUTERONOMIUM 29:10 (AFR83)

Julle staan vandag almal in die teenwoordigheid van die Here julle God. Julle is almal hier: hoofde, stamme, leiers, beamptes, elke Israeliet,

DEUTERONOMIUM 29:16 (AFR83)

Julle weet hoe ons in Egipte gewoon het en hoe ons tussen die nasies deurgetrek het, en hoe julle waar julle verbygetrek het,

DEUTERONOMIUM 29:28 (AFR83)

Daarom het die Here in sy gloeiende toorn en in sy groot woede die mense uit hulle land geruk en in 'n ander land neergegooi. Hulle is nou nog daar.’

DEUTERONOMIUM 29:29 (AFR83)

“Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag: ons moet lewe volgens al die woorde van hierdie wet.

DEUTERONOMIUM 30:2 (AFR83)

en jy terugkom na die Here jou God en Hom gehoorsaam en jy en jou kinders met hart en siel doen wat ek jou vandag beveel het,

DEUTERONOMIUM 30:6 (AFR83)

Die Here jou God sal jou lewe en die lewe van jou nageslag aan Hom wy, sodat jy Hom sal liefhê met hart en siel. Dan sal jy lewe,

DEUTERONOMIUM 30:8 (AFR83)

Dan sal jy terugkom na die Here en Hom gehoorsaam en volgens al sy gebooie lewe wat ek jou vandag beveel.

DEUTERONOMIUM 30:12 (AFR83)

Dit is nie in die hemel nie, sodat jy nie hoef te sê: ‘Wie sal vir ons opklim hemel toe om die gebod vir ons te gaan haal en ons dit mee te deel sodat ons daarvolgens kan lewe’ nie.

DEUTERONOMIUM 30:16 (AFR83)

As jy die Here jou God liefhet en sy wil doen deur sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings wat ek jou vandag gegee het, te gehoorsaam, sal jy lewe en baie word en sal die Here jou God jou voorspoedig maak in die land wat jy in besit gaan neem.

DEUTERONOMIUM 30:19 (AFR83)

Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.

DEUTERONOMIUM 31:1 (AFR83)

Moses het met die hele Israel gaan praat

DEUTERONOMIUM 31:3 (AFR83)

Die Here julle God sal voor julle uit deur die Jordaan trek en Hy sal hierdie nasies voor julle uitroei sodat julle hulle gebied in besit sal neem. Josua sal julle deurlei, soos die Here beloof het.

DEUTERONOMIUM 31:4 (AFR83)

Die Here sal met hierdie nasies doen soos Hy gedoen het met die Amoritiese konings Sihon en Og en met hulle land toe Hy hulle uitgeroei het.

DEUTERONOMIUM 31:7 (AFR83)

Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem.

DEUTERONOMIUM 31:8 (AFR83)

Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

DEUTERONOMIUM 31:9 (AFR83)

Moses het toe hierdie wet opgeskryf en dit gegee aan die Levitiese priesters wat die verbondsark van die Here dra, en ook aan al die leiers van Israel.

DEUTERONOMIUM 31:16 (AFR83)

Toe sê die Here vir Moses: “Jy gaan nou sterf. Daarna sal hierdie volk ontrou word en in die land waar hy gaan woon, die vreemde gode van die land aanhang. Die volk sal My verlaat en die verbond verbreek wat Ek met hom gesluit het.

DEUTERONOMIUM 31:30 (AFR83)

Toe het Moses hierdie lied, tot die laaste woord toe, aan die hele Israel wat daar bymekaar was, voorgehou:

DEUTERONOMIUM 32:1 (AFR83)

“Hoor, hemele, ek praat, luister na my woorde, aarde!

DEUTERONOMIUM 32:2 (AFR83)

My onderrig kom na julle toe soos reënwater, my woorde verkwik julle soos dou, soos sagte reëns op die grassies, soos reënbuie op die graan.