Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary
DEUTERONOMIUM 33:11 (AFR83)
Seën sy werk, Here! Aanvaar wat hy doen! Tref sy teenstanders waar hulle krag sit, tref sy haters sodat hulle nie weer opstaan nie.”
DEUTERONOMIUM 33:12 (AFR83)
Oor Benjamin het Moses gesê: “Wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom, skuil altyd by Hom en leef onder sy beskerming.”
DEUTERONOMIUM 33:13 (AFR83)
Oor Josef het Moses gesê: “Mag sy land deur die Here geseën word: met die beste uit die hemel, met dou en met die beste uit die water diep onder die grond,
DEUTERONOMIUM 33:14 (AFR83)
met die beste wat deur die son gegee kan word en met die beste wat deur elke maand opgelewer kan word,
DEUTERONOMIUM 33:15 (AFR83)
met die beste uit die gryse berge en met die beste uit die ou-ou heuwels,
DEUTERONOMIUM 33:16 (AFR83)
met die beste uit die aarde en wat daarop is en met die toegeneentheid van Hom wat woon in die doringbos. Mag dit alles op Josef kom, op hom wat heerser is oor sy broers.
DEUTERONOMIUM 33:17 (AFR83)
Hy sal trots wees soos 'n jong bul, so sterk soos 'n buffel. Hy sal volke met sy krag rondjaag, almal saam tot in die uithoeke van die aarde. Mag die tienduisende van Efraim so wees en ook die duisende van Manasse.”
DEUTERONOMIUM 33:18 (AFR83)
Oor Sebulon het Moses gesê: “Jy moet bly wees, Sebulon, as jy op pad gaan; Issaskar, jy moet bly wees as jy by die huis bly.
DEUTERONOMIUM 33:19 (AFR83)
“Hulle twee nooi volke na die berg toe en offer daar die offers wat voorgeskryf is. Hulle twee geniet die oorvloed uit die see, die skatte wat deur die sand bedek word.”
DEUTERONOMIUM 33:20 (AFR83)
Oor Gad het Moses gesê: “Geseënd is elkeen wat vir Gad woonplek gee. Hy lê soos 'n leeu, sterkes en leiers is sy prooi.
DEUTERONOMIUM 33:21 (AFR83)
Gad het die beste vir hom gekies, want sy land is 'n uitsoekdeel, 'n terrasland. Gad het met die leiers van die volk gekom en die wil van die Here gedoen en saam met Israel die bepalings van die Here nagekom.”
DEUTERONOMIUM 33:22 (AFR83)
Oor Dan het Moses gesê: “Dan is 'n jong leeu, hy bespring sy prooi van Basan af.”
DEUTERONOMIUM 33:23 (AFR83)
Oor Naftali het Moses gesê: “Naftali geniet baie guns, hy word ryklik geseën deur die Here en besit die see en die suide.”
DEUTERONOMIUM 33:24 (AFR83)
Oor Aser het Moses gesê: “Aser is meer geseënd as die ander seuns, hy is die gunsteling onder sy broers en hy sal sy voete met olie was.
DEUTERONOMIUM 33:25 (AFR83)
Jou sluitbalke is van yster en brons. Mag jy jou lewe lank rustig woon.
DEUTERONOMIUM 33:26 (AFR83)
“Jesurun, daar is niemand soos God nie, Hy ry deur die hemel om jou te kom help, in sy majesteit ry Hy op die wolke.
DEUTERONOMIUM 33:27 (AFR83)
Die ewige God is 'n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit, Hy beveel: ‘Roei uit!’
DEUTERONOMIUM 33:28 (AFR83)
Daarom woon Israel rustig, woon die nasate van Jakob eenkant in 'n land van koring en wyn en drup die hemel dou.
DEUTERONOMIUM 33:29 (AFR83)
Dit gaan goed met jou, Israel! Wie is soos jy? Jy is 'n volk wat deur die Here verlos is! Hy beskerm en help jou. Hy gee mag aan jou, jou vyande kruip voor jou, en jy sal oor hulle offerplekke stap.”
DEUTERONOMIUM 34:1 (AFR83)
Moses het uit die Moabsvlakte opgeklim na Neboberg toe, tot op die top van Pisgaberg regoor Jerigo. Die Here het hom die hele land gewys: van Gilead af tot by Dan,
DEUTERONOMIUM 34:2 (AFR83)
die hele Naftali, die gebied van Efraim en Manasse en die hele Juda tot by die see in die weste,
DEUTERONOMIUM 34:3 (AFR83)
die Suidland en die vlakte, die Jerigolaagte met sy palms tot by Soar.
DEUTERONOMIUM 34:4 (AFR83)
Die Here het vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham en Isak en Jakob. Ek het gesê: ‘Ek gee dit aan jou nageslag.’ Ek het jou dit met jou eie oë laat sien, maar jy sal nie daarheen deurtrek nie.”
DEUTERONOMIUM 34:5 (AFR83)
Moses, die dienaar van die Here, het daar in die land Moab gesterf soos die Here beveel het.
DEUTERONOMIUM 34:6 (AFR83)
Hy het vir Moses begrawe in 'n vlakte in Moab, regoor Bet-Peor, maar tot nou toe weet niemand waar sy graf is nie.