Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Lees: Filippense 4:14-23
SOAP: Filippense 4:19
Ons word keer op keer herinner dat ons verhouding met Christus 'n vennootskap is. Soos ons in geloof wandel volgens die roeping wat Hy op ons lewens het, kom Hy saam met ons en voorsien ons van wat ons nodig het soos ons op Hom staatmaak vir wysheid, krag en ons daaglikse behoeftes. Moet nooit vergeet dat jy 'n wonderlike, liefdevolle Vader dien wat alreeds vir jou grootste behoefte voorsien het deur sy seun, Jesus nie. Jou getroue Vader is volmaak in al Sy weë en is gretig om jou te help. Plaas jou vertroue in Hom, want Hy is betroubaar. Wanneer jy jou behoeftes aan God oorgee en Hom vertrou om te voorsien, is jy geposisioneer om Sy grootheid te sien en te sien hoe Hy duideliker in jou lewe beweeg.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com
Verwante Leesplanne

Jakobus

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper

Liefde sonder vooroordeel

Waarheid Oorwin

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

Asemhalingsruimte

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys
