Leesplan inligting

Om die Leier te Word wat God vir my Bedoel het om te WeesVoorbeeld

Becoming the Leader God Intended Me to Be

DAG 5 VAN 5

Dag 5



Moenie passie minag nie



Ons leef in 'n materialistiese era, waar ons die vermoë het en aangemoedig word om die dinge waarvoor ons lief is na te jaag en dan af te tree terwyl ons nog heelwat lewe in ons het sodat ons kan reis en ontspan. Ek maak sommer 'n grap, maar net 'n klein bietjie.



“My definisie van sukses het lank gelede verander,” het leierskap ghoeroe, Peter Drucker, gesê. “Ek is lief vir konsultasiewerk en vir skryf — ek verloor gereeld tred met tyd wanneer ek daarmee besig is. Om goed te eindig en hoe ek onthou wil word, is egter die dinge wat nou saak maak. Om 'n verskil te maak in 'n paar lewens is 'n waardige doelwit. Om 'n paar mense te kon toerus om die dinge te doen wat hulle wil doen — dit is werklik waarvoor ek onthou wil word.”



As God se uitverkorenes, is ons geroepe om goed te eindig, selfs wanneer dit mag voorkom of die grootste deel van ons loopbane reeds verby is. 



“Ek sien al hoe meer mense wat hulle middel veertigerjare of later bereik en hulle was baie suksesvol,” het Drucker gesê. Wanneer hulle egter hierdie stadium bereik, val hulle in een van drie groepe. "Die een groep sal aftree; hulle leef gewoonlik nie baie lank nie. Die tweede groep hou vol met dit waarmee hulle besig was, maar hulle verloor entoesiasme en voel minder lewendig.”



“Die derde groep hou aan doen wat hulle gedoen het, maar hulle soek maniere om 'n bydrae te lewer. Hulle voel dat baie aan hulle gegee is en hulle soek maniere om terug te gee. Hulle is nie tevrede daarmee om net tjeks uit te skryf nie, hulle wil betrokke wees, hulle wil ander mense op 'n meer positiewe manier help.” Hulle is diegene wat, volgens Drucker, goed sal eindig.



Ek sal graag Peter Drucker se goedkeuring op my leierskap loopbaan wil hê — om goed te eindig. Maar nog meer as dit, ek streef om Jesus se stempel van goedkeuring te kry vir harde werk en 'n goeie einde. Die lei van 'n hele invloedryke lewe met 'n nalatenskap wat na Hom wys. Dit is die voorbeeld wat Hy vir ons gestel het en dit sal die moeite werd wees as ons in die voetspore van hierdie ware Leier volg.  


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Becoming the Leader God Intended Me to Be

Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om as mens en as leier te groei. Of jy in sake of die bediening is, of besig is om die volgende geslag op te lei, is die Skrif vol wysheid hoe om dit goed te doen.  

Ons wil vir OneHope en Bob Hoskins bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid