Leesplan inligting
Om die Leier te Word wat God vir my Bedoel het om te WeesVoorbeeld
![Becoming the Leader God Intended Me to Be](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9253%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag 2
Om te begin met die einde in gedagte.
Party oggende tref die grootheid van die dag wat voorlê jou voordat jou voete nog eens die grond geraak het. Boodskappe van self-twyfel kan deur jou gedagtes maal, wat vrees en verlamming skep oor die take wat vir jou wag.
Leierskapkundige, Peter Drucker, sê: “Die enigste doelwit wat die moeite werd is, is om 'n betekenisvolle lewe uit 'n doodgewone een te skep.”
Ek hou van die manier waarop dit hand-aan-hand gaan met die wysheid van die psalmis wat ons leer om ons dae te tel. Paulus gee in Efesiërs die raad om die pad versigtig te stap, nie as onwyse mense nie, maar as wyses; asook die belangrikheid om te streef na dinge met ewigheidswaarde.
Jy behoort elke dag te begin deur vir jouself doelwitte te stel om prestasies te bereik wat regtig saak maak vir die bevordering van die koninkryk en wat ewigheidswaarde het.
"Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie" Matteus 6:20.
Uitsonderlike leiers gaan een stap verder om doelwitte, ver genoeg vooruit te stel om dít wat werklik bereikbaar is te oortref, al weet hulle die reis sal veeleisend, maar die moeite werd wees. Ons noem dit geloof ... om op God te vertrou dat Hy sal opdaag op plekke waar ons nie beplan het nie en om te verwag dat Hy hemelse werk sal doen.
Aangaande hierdie leesplan
![Becoming the Leader God Intended Me to Be](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9253%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om as mens en as leier te groei. Of jy in sake of die bediening is, of besig is om die volgende geslag op te lei, is die Skrif vol wysheid hoe om dit goed te doen.
Verwante Leesplanne
![Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F46771%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed
![Die Bron van jou blydskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47563%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Bron van jou blydskap
![Waarom antwoord God nie my gebed nie?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43285%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Waarom antwoord God nie my gebed nie?
![Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F46774%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap
![Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47074%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God
![My Allerbeste vir Sy Hoogste](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47484%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
My Allerbeste vir Sy Hoogste
![Tydelik](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47555%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Tydelik
Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
![Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47465%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's
![’n Oproep tot Dienende Leierskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47178%2F320x180.jpg&w=640&q=75)