Oorkom TeleurstellingsVoorbeeld

TOETSE
Dit is gewoonlik vir ons baie moeilik om rede in te sien van moeilike tye in ons lewe. Die Woord wys egter ‘n paar dinge uit wat gebeur gedurende ons tye van toetsing.
Snoeityd is toetstyd.
Johannes 15:2: "Elke loot aan My wat nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrugte dra, Hy snoei dit sodat dit meer vrugte kan dra."
Dit is maklik om moedeloos en teleurgsteld te raak in snoeiseisoene. Dit is seisoene waar God baie terugsny. Hy sny mense af, dinge waarmee ons bekend is, ons planne, ens. Hy is besig om plek te maak vir wat Hy vir ons in stoor het. En dit alles sodat ons meer vrug kan dra.
‘n Vurige oond is toetstyd.
Maleagi 3:2-3 verduidelik dit aan ons: “Hy sal sit as 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle smelt soos goud en silwer, en hulle sal offers bring in geregtigheid aan die Here." Job kan ons baie leer. In hoofstuk 23:10 sê hy: "Maar hy ken die weg wat ek loop; as hy my beproef het, sal ek uitkom soos goud."
‘n Vuuroond brand onsuiwerhede weg. Ons word gesuiwer om sy heerlikheid te weerspieël.
Toetse versterk ons geloof
Wanneer ons beproewinge en lyding verduur, word ons geloof getoets en gelouter, en kom ons sterker en meer standvastig na vore in ons vertroue in God.
1 Petrus 1:7 praat van loutering met vuur: "Sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid deur die openbaring van Jesus Christus."
Jakobus 1:2-4 leer ons hoe om deur toetse te gaan: “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle allerhande beproewinge teëkom, want julle weet dat die beproewing van julle geloof standvastigheid kweek. En laat standvastigheid sy volle uitwerking hê, sodat jy volmaak en volkome kan wees en aan niks kortkom nie.”
Hierdie toetse versterk ons. Geharde staal word vir konstruksie gebruik. Die primêre voordeel van geharde staal is verhoogde sterkte. Wanneer staal verhit en afgekoel word, word dit sterker. As gevolg hiervan kan dit groter druk weerstaan. Geharde staal is ook meer bestand teen slytasie. Vir hoë-spanning toestande sal vervaardigingsmaatskappye geharde staal bo ander soorte staal kies.
Jou snoeiproses en vuurdoop is besig om jou voor te berei vir groter en hoër dinge.
Uiteindelik het God se louterende vuur ten doel om ons meer soos Christus te maak. Terwyl ons deur ons beproewinge en lyding gaan, is God besig om ons na sy beeld te vorm.
Romeine 8:28-29 “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Vir die wat Hy vantevore geken het, het Hy ook vantevore bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broers.”
Ons toetse is uiteindelik tot eer van God!
Oordenking:
- Wat is die Here besig om in jou lewe te snoei en te suiwer?
- Wat moet jy gee om meer soos Christus te wees?
Gebed:
Here, help my om nie teen die snoeiproses te skop nie, maar U toe te laat om my te snoei sodat ek meer vrug kan dra. Ek bid dat die suiweringsproses waarin ek my nou bevind, sal lei tot die weerspieëling van u heerlikheid. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Ons almal is bekend met teleurstelling. Gaan dit 'n vashouplek in ons lewe kry, of gaan ons kies om dit te oorwin? Hierdie 7-dag leesplan lei jou om met God se hulp deur jou teleurstellings te werk.
More
Ons wil graag New Life Family Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: nlfc.co.za
Verwante Leesplanne

Die krag van ’n biddende vrou

God is in Beheer

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Wandel deur Johannes

Oorkom die Strik van Selfbejammering

Van die Begin tot in Ewigheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Die sin van die lewe
