Oorkom TeleurstellingsVoorbeeld

Oorkom Teleurstellings

DAG 2 VAN 7

DIE BRON VAN TELEURSTELLING

Dit is belangrik dat ons die bron van ons teleurstelling identifiseer. Teleurstelling het verskillende oorspronge.

Eerstens is daar omstandighede. 'n Gebeurtenis wat plaasgevind het of nie plaasgevind het. Ons vreugde kan nooit afhang van omstandighede nie, want omstandighede verander altyd. Jy het dalk 'n bevordering verwag, maar iemand minder gekwalifiseerd het die werk gekry. Siekte kan die planne wat jy vir jou gesin gehad het onderbreek of permanent affekteer. Wanneer ons voor die kansel staan met ons eggenoot is dit ‘n “vir altyd” besluit. 'n Egskeiding wat jy nooit wou hê of ooit in jou gedagtes was nie kan jou omstandighede radikaal verander.

Jakobus 1:2-4 sê: "Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie."

Psalm 46:2-3 herinner ons: "God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see."

Tweedens kan mense en ons verwagtinge van hulle, ons ook teleurstel. Het 'n goeie vriend jou in die rug gesteek? Het iemand jou verraai? As jy jou hoop daarop gestel het dat jou kinders alles sal wees wat jy wil hê hulle moet wees, kan jy op pad wees na 'n groot teleurstelling. Het jy gedink jou man/vrou sou aan al jou behoeftes voldoen? Ons kan nooit op mense staat maak om ons geluk te bepaal nie.

Die Woord som dit op in die volgende paar Skrifte:

Psalm 118:8-9: "Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die Here te skuil as om op edeles te vertrou."

1 Korintiërs 2:5: "Sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God."

Jeremia 17:5: "So sê die Here : Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk."

God het ons gemaak met 'n ruimte in ons binneste wat net deur Hom gevul kan word. Ons sal altyd teleurstelling met situasies en mense ervaar todat ons uiteindelik ons vervulling in Hom vind.

Oordenking:

  • Wat is die oorsprong van my teleurstellings?

Gebed:

Here, help my dat ek my oë gevestig hou op U en nie op die mense rondom my nie. Ek weet U is my totale vervulling en U kan my nie faal nie. U is altyd goed. Vul elke leë spasie in my hart met u heerlikheid. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Oorkom Teleurstellings

Ons almal is bekend met teleurstelling. Gaan dit 'n vashouplek in ons lewe kry, of gaan ons kies om dit te oorwin? Hierdie 7-dag leesplan lei jou om met God se hulp deur jou teleurstellings te werk.

More

Ons wil graag New Life Family Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: nlfc.co.za