EsterVoorbeeld

Oordenkingsvrae:
1. Dink jy Ester wou deelneem aan die koning se “skoonheidskompetisie?”
2. Wat sê die feit dat Mordegai bereid was om vir Ester groot te maak na haar ouers se dood, van sy karakter?
3. Hoekom dink jy het Mordegai van Ester verwag om haar afkoms ‘n geheim te hou?
4. Hoe het Ester wysheid getoon in haar verhouding met beide Mordegai en Hegai?
5. Mordegai het nie die eer gekry wat hy verdien het toe hy die koning se lewe gered het nie, maar wel Haman. Hoekom dink jy het die koning eerder vir Haman geëer as vir Mordegai?
Aangaande hierdie leesplan

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans
Verwante Leesplanne

Die krag van ’n biddende vrou

7 Lewensbesluite vir geestelike krag

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

Tye van groei

Groei in geloof

Die deur is toe; wat nou?

Die sin van die lewe

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe
