DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoopVoorbeeld

God roep mense om in Hom te glo
Ragab se geloof is ongetwyfeld een van die mees inspirerende getuienisse in die Bybel. Te midde van ‘n stad gevul met vrees en onsekerheid, was sy die uitsondering – die enigste persoon tussen ongeveer 3 000 inwoners wat gekies het om te glo.
Terwyl die inwoners van Jerigo met vrees oorweldig was oor die naderende verwoesting, het Ragab haar blik verskuif – weg van die mure wat sou val, na die God wat sou triomfeer. Sy het die verhale van sy krag gehoor – hoe God die Rooisee oopgeklief en sy volk oorwinnaar gemaak het. Hierdie verhale het haar oortuig: Die God van Israel is almagtig! Sy het nie net gehoor van God se groot werke nie – sy het dit geglo.
Dit was hierdie geloof wat haar oortuig het om die verspieders van Israel te beskerm. Ragab se optrede was meer as net 'n daad van beskerming – dit was 'n daad van vertroue in God van wie sy nog net vaagweg gehoor het. Juis daarom word sy as ‘n persoon van geloof in Hebreërs 11 gelys:
“Omdat sy geglo het, het Ragab die prostituut die verspieders vriendelik ontvang en nie saam met die mense van haar stad, wat aan God ongehoorsaam was, gesterf nie” (Hebreërs 11:31, NLV). Haar geloof het haar en haar familie gered.
Wat leer ons van Ragab? Ware geloof kyk dieper as die chaos van die oomblik. Dit kyk na die God wat groter is as ons toestand – die Een wat oordeel kan bring, maar wat ook wil red.
Ragab herinner ons daaraan dat geloof 'n besluit is om jou vertroue in God se plan te plaas, selfs wanneer alles om jou wankel. Mag jy, soos Ragab, onwrikbaar in God se vermoë glo, om nie net jou omstandighede te hanteer nie, maar ook jou lewe te red.
Gebed
Here, leer my om soos Ragab te glo – om u mag en genade raak te sien en my volle vertroue in u te plaas. Dankie dat U ‘n God is wat nie net oordeel nie, maar ook verlossing bring. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More
Ons wil graag Dr. Ernrich F Basson bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.collage.org.za
Verwante Leesplanne

Die sin van die lewe

Van die Begin tot in Ewigheid

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Wandel deur Johannes

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Tye van groei

Die krag van ’n biddende vrou
