Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)Voorbeeld

So was dit in die begin (Genesis)
Ons leer baie beginsels vir die lewe uit die eerste Bybel boek, Genesis. Ons leer deur uitsprake van God, uitsprake oor God en uit voorbeelde van hoe mense geleef het en wat die gevolge daarvan was. Ons leer iets van God se karakter en iets van die mens se karakter. Ons sien hoe God met mense in verhouding leef. Ons begin die geweldige belang van geloof sien en die rol wat dit speel in ons lewe. Ons sien die begin van die Groot Storie. Daar is te veel in Genesis om in een kort leesplan in te druk – wat nog van een dagstuk in die leesplan! Daar is soveel fantastiese verhale oor moord, die Groot vloed, iemand wat lewendig die hemel in opgeneem is, die toring van Babel, prostitusie, verraad, oorloë, stede wat God verwoes, en nog baie meer! Van die belangrikste karakters wat ons ontmoet, uit al die verhale, leer ons dinge oor God, onsself en geloof.
Van die belangrikste karakters wat ons ontmoet is: God, die Duiwel, Adam en Eva, Kain, Abraham, Noag, Jakob en Esau, Josef en nog baie ander minder bekendes. Daar is selfs mistieke figure soos Henog en Melgisedek. Ons fokus net op ‘n paar belangrike punte. Kyk wat sien jy raak in die Bybelgedeeltes wat ons vandag lees!
Meeste van ons het al van Adam en Eva gehoor. Meeste van ons het al gehoor dat al die slegte dinge in die wêreld ingekom het as gevolg van hulle ongehoorsaamheid en sonde. Dit is natuurlik waar. Maar kom ons gee ‘n treetjie terug. Toe God geskep het, hoe het Hy die aarde en die mens geskep? Die Bybel leer ons God het alles “baie goed” geskep. Ons is in God se beeld geskep. Ons lees ook nêrens dat die mandaat wat ons as mense by God ontvang het verander nie.
Aangaande hierdie leesplan

Die Groot Storie se reeks leesplanne help jou om die Bybel beter te verstaan, spesifiek hoe alles in mekaar pas. Dit is veral sinvol vir ‘n gelowige wat nie verstaan hoe die Ou en Nuwe Testament by mekaar inpas nie. Die reeks leesplanne help jou veral sien hoe God se verlossingsplan vir die mens soos ‘n goue draad reg deur die hele Bybel span. “Die Wetboeke”, gee jou insig in die eerste vyf boeke van die Bybel.
More
Ons wil graag Werner Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.linkedin.com/in/werner-strauss-sts