Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.Voorbeeld

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.

DAG 6 VAN 7

EK SIEN UIT NA ‘N NUWE TUISTE

"Hulle het egter gesmag na ‘n beter blyplek van hulle eie, ‘n plek in die hemel by God" Heb. 11:16 (a) DB

Dit het al met so baie van ons gebeur dat ons by ons werk- of woonplek ongelukkig is. Daar kan baie redes daarvoor wees: jaloerse kollegas, ‘n buurman wat jou terroriseer of jou eie huismense wat bakleierig is. Dalk is dit jou eie keuses wat jou ongelukkig maak, maar dit kan ook wees dat die mense en omstandighede om jou verander het. Miskien is dit bloot net jou verlange na daardie iets waarvoor jy nie ‘n naam het nie. Maar dalk is jou versugting ook vandag: Daar móét mos iets beters wees!

Die gelowiges in Hebreërs het ook uitgesien na ‘n beter blyplek – ‘n eie plekkie in die hemel by God. Hulle het daarna uitgesien omdat hulle God se beloftes geglo het.

O, ek sien ook daarna uit! Ons kan in ons wildste drome ons nie indink hoe dit sal lyk en wees nie. Openbaring praat van die stad met strate van goud wat blink soos spieëls (Openb. 21:21­) is. Die fondamente van die stadsmuur is van edelstene, en die hele stad is van die suiwerste goud gemaak. Daar sal nie meer ‘n son of ‘n maan wees nie, want God self sal die stad verlig. Niemand sal daar baklei of harsteer wees nie (Openb. 21:3)!

Nou ja. As ons dít weet, hoe kan ons dan nie uitsien na ‘n beter blyplek nie? Abraham en Sara het God vertrou al het hul nog niks van sy beloftes ontvang nie. Ons hét alreeds God se Seun ontvang. Ons weet ook dat God se beloftes byna almal al waar geword het.

Omdat ons glo, weet ons hierdie aarde is nie ons ewige blyplek nie.

GEBED: Here Jesus Christus, ek kan nie wág om by U te wees in my nuwe tuiste nie. Gee asseblief dat ek gereed sal wees wanneer U my kom haal. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.

Kom klim saam met my in my motor. Kom saam op my reis. Dis my gebed dat die Here vir jou hoop sal gee wanneer jy moeg en moedeloos is. Ook dat Hy vir jou vreugde sal gee wanneer jy gestroop en tam is. Mag God jou mooi help om sy lig daar voor in die pad te bly volg.

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.sonjagoldberg.co.za