10 Gebede vir donker daeVoorbeeld

My Bemoediger
Here, depressie is ’n swaar las om te dra, maar dis selfs nog moeiliker om dit alleen te dra. Min mense is gewillig om te luister of selfs te probeer verstaan. Ander impliseer dat ek swak, dwaas of vasgeval in selfbejammering is. Ek stap weg van gesprekke en voel skaam, asof ek veronderstel is om my eie hart gesond te maak. Wie sal vir my die bemoediging en ondersteuning gee wat ek nodig het?
Dankie dat U aan my sy bly wanneer ek alleen gelaat word in hierdie wêreld. U hoor my gebede en tel my trane. U Woord sê vir my dat Jesus ook “oorval” is deur ’n “groot ontsteltenis en benoudheid” (Matteus 26:37) – Hy ken dus my seer. U is vol deernis en getrouheid, sag en vol genade terwyl U my onder u vlerke toemaak. U liefde is my bemoediging en vrede.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Onbeperkte Liefde

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Geroep deur God

Follow, Fellowship, Fish

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Ek volg Jesus

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)
