Dapper KindersVoorbeeld

Courageous Kids

DAG 22 VAN 28

Om moedig te wees, is nie 'n eenmalige gebeurtenis nie. Ons kan ons hele lewe soos in 'n moedige avontuur leef. Wanneer ons tydens swaarkry kies om manmoedig, volhardend en gehoorsaam op te tree en in vertroue te bid, is dit slegs die eerste paar treë nader daaraan om selfs nog moediger te word. Wanneer ons op God vertrou en staatmaak op sy krag, sal Hy nog meer van ons vra. Wanneer ons kies om ons lewens aan Hom oor te gee, sal Hy ons lei na selfs groter opofferings wat die moed sal verg wat net Hy kan gee. Jesus het sy lewe op hierdie manier geleef. Dag na dag het Hy moedig geleef volgens die weg waarop God Hom gelei het. Uiteindelik het Hy sy lewe as 'n finale bewys van sy liefde vir ons gegee. Hy het alles gegee. Wanneer ons kies om Jesus te volg, sal Hy alles van ons vra in ruil daarvoor. Dit verg moed om die besluit te neem om God met jou hele lewe te vertrou, maar dit is slegs die begin van 'n geloofsvervulde wandel met Christus.

Aangaande hierdie leesplan

Courageous Kids

Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Kan 'n kind egter buitengewone moed in hulle doodgewone lewens uitleef? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos van 'n paar Bybelhelde in, en neem ons deur hulle verhale van moed terwyl ons ook ander Bybelverse en Skrifgedeeltes verken wat ons uitdaag om met moed te lewe in ons daaglikse omgang met Christus.

More

We would like to thank LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.LifeKids.tv