Leesplan inligting

Prioriteit nommer éénVoorbeeld

Prioriteit nommer één

DAG 4 VAN 7

Dink … gebed

Ons besige wêreld en die illusie dat ons sonder gebed kan klaarkom, is van die belangrikste redes waarom ons sukkel om gereeld en aktief te bid. Tog is daar ook ’n paar ander redes waarom ons ’n flou gebedslewe het:

  • Ons weet nie altyd hóé om te bid nie.
  • Ons is bang om te bid.
  • Ons is nie desperaat genoeg nie.

As jy dalk voel dat jy nie altyd weet hoe om te bid nie, kan jy maar gerus wees: Jy hóéf nie te weet nie! Jy kan bloot jou gedagtes in verootmoediging tot God rig … die Gees self sal dan vír jou bid.

Indien vrees vir God jou dalk van Hom af weghou, kan jy maar wéét: Ons Vader het nog nóóit die hart van ’n opregte mens wat tot Hom nader, weggewys nie. Inteendeel: Ons liefdevolle Here omhels berouvolle en opregte harte met groot erbarming.

Indien jy voel dat jou lewe min of meer uitgesorteer is en dat jy nie eintlik gebed nodig het nie, moet jy weet dat jy baie mis! Jy loop dan die vreugde van naby-aan-God-wees en die oorvloedige seën wat Hy vir jou deur jou gebede wil gee, totaal en al mis.

Dink gebed. Leef gebed. Wees ’n biddende mens. Dan sal jy floreer!

Vader, vergewe my my arm gebedslewe en help my om élke dag naby aan U te wees en te bly! Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Prioriteit nommer één

Ons besige wêreld en die illusie dat ons sonder gebed kan klaarkom, is van die grootste redes waarom ons sukkel om gereeld en aktief te bid. Gebed is egter nooit tydmors nie! Milanie Vosloo wil jou aanmoedig om gebed pri...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid