Leesplan inligting

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusVoorbeeld

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAG 6 VAN 43




Dit Was Van Die Begin Af Beplan

Lees: 1 Petrus 1:17-21

SOAP: 1 Petrus 1:20-21

Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom. Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.

Oordenking

Is dit nie wonderlik om te besef dat Christus se offer vir ons sondes nie 'n nagedagte of plan B was nie? Voordat die eerste ster in die lug gehang het, het God 'n plan beraam. Dit was nie 'n laaste-minuut gedagte nie, eerder sy hartsbegeerte van die begin af. Voordat die wêreld begin het, het God ons reeds in gedagte gehad (Efesiërs 1:4), en Hy het geweet hoe alles sou begin en eindig.

Lank voordat Adam en Eva hulle eerste asemteug geneem het, het God geweet wat sy plan Hom sou kos. Die Skepper van alles het 'n reddingsending opgestel om jou en my van ons sondes te red. Hy het ons nie net van die straf van ons sondes gered nie, maar ook van die mag van sonde.

Petrus skryf hier dat ons “losgekoop” is van die “sinlose bestaan” wat van ons voorvaders geërf is (1 Petrus 1:18), wat beteken dat Jesus die prys betaal het om ons vry te koop van ‘n wêreldse lewe. Hy het betaal met die waardevolste ding in die heelal: Sy eie bloed. Hy het ons heiligheid gekoop — ons heilige manier van lewe — om seker te maak dat alle ware Christene in staat sal wees om in God se weë te wandel. Daarom is die enigste weg na God deur Jesus. Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe, en die enigste manier waardeur 'n mens gered kan word (Johannes 14:6).

Jesus is dus nie net die enigste manier om met God versoen te word nie — Hy is ook die enigste Een deur wie ons geheilig kan word. Jesus kan ons help om ons diepliggende sonde te oorkom. Hy het ons gekoop. Ons is Syne, en Hy sal aanhou skaaf aan ons totdat ons eendag volmaak is in die hemel. Die apostel Paulus skryf in Efesiërs 2:10: "Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het."

Gebed

Liewe Here Jesus, dankie dat U bereid is om u lewe van die begin af af te lê. Dankie vir u liefdevolle gehoorsaamheid wat U na die kruis gelei het. Wys my asseblief my sondes en gee my die genade en krag om dit deur u bloed te oorwin. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid