Die Boek Johannes | Die Sewe "Tekens" En Die Sewe "EK IS"-Stellings van JesusVoorbeeld

The Book Of John | The 7 "Signs" And The 7 "I AM's" Of Jesus

DAG 5 VAN 7

"Jesus Loop op die Water"

In 2 Konings 6 is daar 'n interessante verhaal opgeteken oor hoe Elisa 'n byl op die water laat dryf. "Hoekom het dit gedryf?", vra jy dalk. Eerstens moet ons onthou dat in die bediening van ons Here en die dissipels wat Hom gevolg het, die hoofdoel was om die wonderwerke van beide Elia en Elisa — God se boodskappers — te bekragtig.

Hoekom hierdie geleende byl? Waarom het Elia 'n stuk hout in die water gegooi om dit bo te laat dryf? Wel, dit is 'n geldige vraag. Soos Moses 'n stuk hout in die water by Mara (wat bitter beteken) gegooi het met Israel se vertrek uit Egipte, gooi Elisa die stuk hout hier in die water. Moses het die water "genees" toe hy die hout daarin gegooi het, wat die belofte van God simboliseer om sy volk te genees. In wese sou God die foute van sy volk omkeer deur 'n belofte om hulle te genees.

Om iets soos 'n byl in onverskilligheid te verloor, was egter 'n ernstige oortreding, want rentmeesterskap en die versigtige versorging van iemand anders se eiendom, was 'n diepgewortelde oortuiging in die Joodse kultuur. Elisa betaal wonderbaarlik vir so 'n oortreding met die stuk hout.  

Dus, eerder as om te vra hoekom die byl, moet ons vra: "Hoekom die stuk hout?" Ons moet ook vra: "Waarom het Jesus op die water geloop?" Hierdie gebeurtenisse is almal aan mekaar gekoppel om die evangelie te demonstreer. In die Nuwe Testament word sonde deur hout verwyder, wat met die kruis ooreenstem. Water stem ooreen met die ewige lewe (die verwydering van Adam se oorspronklike sonde — dit wil sê die "byl" is Adam se oorspronklike sonde).  Die ewige lewe in Christus, soos die stuk hout wat deur Elisa ingegooi is, verwyder en keer selfs die kleinste oortredings, om nie eens te praat van die ernstige gevolge nie — naamlik geestelike dood.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Book Of John | The 7 "Signs" And The 7 "I AM's" Of Jesus

Die Evangelie van Johannes kan in vier dele opgedeel word: 'n Inleiding (Johannes 1:1-18), die Boek van Tekens (1:19-12:50), die Boek van Verheerliking (13:1-20:31) en 'n Slotrede (hoofstuk 21). In hierdie 7-dag leesplan gaan ons die sewe “Tekens”, en die sewe “EK IS”-stellings van Jesus bestudeer om te demonstreer dat Johannes sy boek gestruktureer het op 'n manier wat die leser help om te sien dat Jesus die prediking van Elisa vervul.

More

Ons wil graag vir Garden City Project en Chris Jones bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.gardencityproject.com