Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan JouselfVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

DAG 3 VAN 6

Hoe gee ons oor?

"Toe sê Jesus vir sy dissipels: 'As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry'" (Matteus 16:24-25).

Oorgawe het vier stappe.

Die eerste stap tot oorgawe is 'n vaste besluit om jou aan Jesus oor te gee. Hiermee sê ons nee vir alle ander dinge. Oorgawe het geen betekenis tensy ons hierdie eerste stap neem om Christus te volg nie — ongeag die koste.

Die tweede stap is om jouself te verloën. Jesus het gesê dat elkeen wat Hom wil volg, hulleself moet verloën. Oorgawe is om vir jouself nee te sê. "... wie sy lewe ter wille van My verloor, …" (Matteus 16:25).

Die derde stap is om jou kruis op te neem. Om die kruis op te neem, is om geestelik met Jesus te identifiseer. Dit is 'n teken van totale oorgawe aan Jesus en onbetwisbare gehoorsaamheid. Jou verhouding met God kan jou, jou familie, vriende, werk, of in sommige gevalle, jou lewe kos. Belangrik: Om jou kruis op te neem het niks te doen met swaar dinge in jou lewe nie. Dit het te doen met die feit dat jy kies om Jesus te volg.

Die vierde stap is om te volg, nie terug te kyk nie — ongeag die koste. Totale oorgawe is om 'n lewe van gehoorsaamheid aan Jesus te leef. Wat 'n skrikwekkende gedagte vir sommige! Maar vir diegene wat in onvoorwaardelike oorgawe aan Jesus lewe, bied dit vreugde, sekuriteit, vryheid en hoop — 'n hoopvolle toekoms. Wanneer ek alle beheer prysgee en volgens God se opdragte leef, kan ek seker wees van sy voorsiening.

Doen: Neem tyd vir gebed en volg hierdie vier stappe.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself

Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat di...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid