Leesplan inligting

Jesus se Laaste DaeVoorbeeld

Jesus se Laaste Dae

DAG 8 VAN 8

Opstandingsondag

Die kruisiging is die dag waarop die prys vir die mensdom se sonde betaal is. Die opstanding bewys en verklaar dat die sonde en die dood oorwin is!

Die gebeure op die dag verloop so:
  1. Vroue vind die leë graf: Matteus 28:1–7, Markus 16:1–7, Lukas 24:1–7, Johannes 20:1
  2. Die vroue verlaat die tuin en vertel die dissipels van die leë graf: Matteus 28:8–10, Lukas 24:8–11, Johannes 20:2
  3. Petrus en Johannes gaan na die graf: Lukas 24:12, Johannes 20:3–10
  4. Jesus praat met Maria by die leë graf: Johannes 20:11–18
  5. Jesus loop saam met Kleopas en ’n vriend na Emmaus: Lukas 24:13–35
  6. Jesus verskyn aan die dissipels (sonder Tomas) in Jerusalem: Lukas 24:36–43, Johannes 20:19–23

Die evangelies vertel ons wat gebeur het. Die briewe in die Nuwe Testament verduidelik wat die betekenis is van wat gebeur het. Romeine 4:25 stel dit so duidelik dat Jesus as gevolg van sonde oorgelewer is aan die kruisiging en die dood maar dat Hy opgewek is om ons vryspraak te verseker. Vryspraak is die vergifnis van sondes.

Vryspraak is die uitspraak van God die Vader wat as regter sit en die vyand se aanklag aanhoor. Die vyand, dit is die duiwel, het ‘n waterdigte saak; ons is skuldig en het gesondig. Ons verdien veroordeling. Maar ons het ‘n Helper — die woord beteken "voorspraak" of "advokaat" (1 Johannes 2:1) Dit is Jesus. Jesus, as ons Advokaat, maak ‘n saak. Die kern van sy voorspraak of regsaak is die volgende: "Vader dit is so, hulle het gesondig, maar ek het die prys, of die straf, vir hulle sonde reeds betaal. Dit sal verkeerd en onregverdig wees om hulle weer te straf" (1 Johannes 2:2). Op grond van hierdie voorspraak, op grond van wat Jesus reeds vir ons gedoen het, spreek God die Vader ons vry. Dit is vryspraak! Ek en jy, as kinders van God, is vrygespreek!

Gee dit ons ‘n lisensie om weer te mag sondig? Wel, ‘n kind van God, kan nie so dink nie. Ons lewe word nou gerig deur die Woord van God, gelei deur die Heilige Gees en gekenmerk deur vreugde en dankbaarheid vir wat Jesus vir ons gedoen het (beide die offer wat Hy vir ons sonde betaal het en die voorspraak by God die Vader). Dit kenmerk ‘n kind van God se lewe.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jesus se Laaste Dae

Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die g...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid